Jesaja
17 ’n Oordeelsboodskap teen Damaskus:+
“Damaskus gaan nie meer ’n stad wees nie.
Daar sal net ruïnes oorbly.+
2 Die stede van Aʹroër+ sal verlate wees.
Hulle sal plekke word waar kuddes gaan lê,
en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.
En dié wat van Sirië oorbly, sal verdwyn
soos die heerlikheid van die Israeliete,” sê Jehovah van die leërmagte.
4 “In daardie dag sal die heerlikheid van Jakob al hoe minder word,
en sy gesonde liggaam sal maer word.
5 Dit sal wees soos wanneer iemand graan insamel
en die graanare met sy hand oes,
soos wanneer iemand die paar oorblywende graanare in die Refaʹim-vallei+ optel.
6 Daar sal net oesoorblyfsels wees,
soos wanneer ’n olyfboom geslaan word:
net twee of drie ryp olywe bly aan die hoogste tak oor,
net vier of vyf aan sy vrugdraende takke,”+ sê Jehovah, die God van Israel.
7 In daardie dag sal die mens na sy Maker opkyk, en sy oë sal op die Heilige van Israel wees. 8 Hy sal nie kyk na die altare,+ die werk van sy hande+ nie. En hy sal nie kyk na wat sy vingers gemaak het nie, na die heilige pale* of die reukwerkstaanders nie.
9 In daardie dag sal sy versterkte stede soos ’n verlate plek in die bos word,+
soos ’n tak wat voor die Israeliete agtergelaat is.
Dit sal ’n wildernis word.
10 Want jy het die God van jou redding vergeet.+
Jy het nie aan die Rots+ van jou vesting gedink nie.
Daarom maak jy pragtige tuine
en plant jy die lote van ’n vreemdeling* daarin.
11 Al maak jy ’n heining om jou tuin in die dag
en al laat jy jou saad in die oggend uitspruit,
sal die oes in die dag van siekte en ongeneeslike pyn verdwyn.+
12 Luister! Daar is die lawaai van baie volke.
Hulle is so onstuimig soos die see!
Daar is die geraas van nasies,
wat soos die gedruis van magtige waters klink!
13 Die nasies sal klink soos die gedruis van baie waters.
Hy sal hulle bestraf, en hulle sal ver weg vlug,
soos kaf wat op die berge deur ’n wind weggewaai word,
soos ’n rolbos voor ’n stormwind.
14 In die aand is daar paniek.
Voordat die oggend aanbreek, is hulle nie meer nie.
Dit is wat wag op dié wat ons beroof,
en dit is die lot van dié wat ons stroop.