Joël
1 Dít is die woord van Jehovah aan Joël,* die seun van Petuel:
Het so iets ooit in julle dae gebeur,
of in die dae van julle voorvaders?+
3 Vertel dit aan julle kinders,
en laat julle kinders dit aan hulle kinders vertel,
en hulle kinders aan die volgende geslag.
4 Wat die eerste swerm sprinkane* laat oorbly het, is deur die volgende swerm sprinkane gevreet.+
En wat deur hulle agtergelaat is, is deur die jong sprinkane gevreet.
En wat die jong sprinkane laat oorbly het, is deur die volgende swerm sprinkane gevreet.+
5 Word wakker, julle dronkaards,+ en huil!
Kerm, al julle wyndrinkers,
want die soet wyn is van julle monde weggeneem.+
6 Want ’n magtige en ontelbare nasie het my land binnegeval.+
Sy tande is soos leeutande,+ en sy kakebene is soos dié van ’n leeu.
7 Hy het my wingerdstok verniel en my vyeboom in ’n stomp verander.
Hy het dit heeltemal kaalgestroop en eenkant gegooi.
Selfs die bas van die takkies is afgevreet.
9 Graanoffer+ en drankoffer+ het uit die huis van Jehovah verdwyn.
Die priesters, die dienaars van Jehovah, treur.
10 Die veld is verwoes, die grond treur,+
want die graan is vernietig, die nuwe wyn het opgedroog, die olie het verdwyn.+
11 Landbouers is ontsteld en wingerdarbeiders huil
oor die koring en die gars,
want die oes op die land het verlore gegaan.
12 Die wingerdstok het verdroog,
en die vyeboom het uitgedroog.
Die granaatboom, die palmboom en die appelboom,
al die bome van die veld, het verdroog.+
Want vreugde het in skaamte verander onder die mense.
13 Trek saklinne aan en treur,* o priesters.
Huil, dienaars van die altaar.+
Kom in en bring die nag in saklinne deur, dienaars van my God,
want graanoffers+ en drankoffers+ word nie meer in die huis van julle God ingebring nie.
14 Roep ’n vas uit.* Kondig ’n heilige vergadering aan.+
Laat die ouermanne, saam met al die inwoners van die land,
by die huis van Jehovah julle God bymekaarkom,+ en roep tot Jehovah om hulp.
15 Daardie vreeslike dag kom!
Die dag van Jehovah is naby,+
en dit sal kom soos ’n vernietiging van die Almagtige af!
16 Is die kos nie voor ons oë weggeneem,
en blydskap en vreugde uit die huis van ons God nie?
17 Die saad* het verdroog onder hulle grawe.
Voorraadskure is verwoes.
Graanskure is afgebreek, want die graan het verdroog.
18 Selfs die vee kreun!
Die troppe beeste dwaal verward rond, want hulle het geen weiding nie!
En die troppe skape kry swaar onder die straf.
19 Tot u sal ek roep, o Jehovah,+
want vuur het die weivelde van die wildernis verteer,
en ’n vlam het al die bome van die veld verslind.
20 Selfs die wilde diere van die veld verlang na u,
want die waterstrome het opgedroog,
en vuur het die weivelde van die wildernis verteer.”