Psalms
BOEK TWEE
(Psalm 42-72)
Vir die musiekleier. Maskil* van die seuns van Korag.+
42 Soos ’n takbok wat na waterstrome verlang,
so verlang ek na u, o God.
2 Ek dors na God, na die lewende God.+
Wanneer kan ek kom en voor God verskyn?+
3 Dag en nag is my trane my voedsel.
Die hele dag lank spot mense my en sê hulle: “Waar is jou God?”+
Ek het stadig voor hulle na die huis van God geloop,
met die geluide van vreugde en danksegging,
van ’n skare wat ’n fees vier.+
5 Hoekom het ek alle moed verloor?+
Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my?
6 My God, ek het alle moed verloor.+
Daarom dink ek aan u,+
van die land van die Jordaanrivier en die pieke van Hermon af,
van die berg Misar* af.
7 Diep waters roep na diep waters
by die geluid van u watervalle.
Al u onstuimige golwe het my oorweldig.+
8 Deur die dag sal Jehovah my sy lojale liefde gee,
en deur die nag sal sy lied by my wees – ’n gebed tot die God van my lewe.+
9 Ek sal vir God, my groot rots, vra:
“Hoekom het u my vergeet?+
Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyand my onderdruk?”+
10 My vyande spot my met moorddadige vyandigheid.*
Die hele dag lank spot hulle my en sê hulle: “Waar is jou God?”+
11 Hoekom het ek alle moed verloor?
Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my?