Aan Titus
2 Hou jy egter aan om die dinge te sê wat ooreenstem met die gesonde* lering.+ 2 Laat die ouer mans selfbeheersing hê in hulle gewoontes, ernstig en verstandig* wees, sterk geloof hê, liefde betoon en volhard. 3 Net so moet die ouer vrouens God deur hulle gedrag eer, nie laster of aan baie wyn verslaaf wees nie en onderrigters wees van wat goed is. 4 Dan kan hulle die jong vrouens leer* om hulle mans lief te hê, om hulle kinders lief te hê, 5 om verstandig* en rein* te wees, om by die huis te werk* en om te doen wat goed is, terwyl hulle aan hulle eie mans onderdanig is,+ sodat daar nie van die woord van God sleg gepraat sal word nie.
6 Hou ook aan om die jonger mans aan te spoor om verstandig* te wees.+ 7 Wees in alles ’n voorbeeld van goeie dade. Leer ander met alle erns wat suiwer is*+ 8 deur gesonde* woorde te gebruik wat nie gekritiseer kan word nie,+ sodat teenstanders skaam kan kry omdat hulle niks negatiefs* van ons kan sê nie.+ 9 Laat slawe in alles aan hulle eienaars onderdanig wees+ en hulle probeer tevrede stel sonder om teë te praat. 10 Hulle moenie van hulle eienaars steel nie,+ maar hulle moet bewys dat hulle heeltemal betroubaar is sodat hulle die leringe van ons Redder, God, in alles kan versier.+
11 Want die onverdiende goedheid van God is geopenbaar en lei tot redding vir alle soorte mense.+ 12 Dit leer ons om goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp+ en om met verstandigheid* en regverdigheid en toegewydheid aan God in hierdie wêreld* te lewe.+ 13 Ons doen dit terwyl ons wag op die gelukkige hoop+ en glorieryke openbaring van die groot God en van ons Redder, Jesus Christus. 14 Hy het homself vir ons gegee+ om ons van elke soort wetteloosheid te bevry*+ en vir homself ’n volk te reinig wat sy spesiale besitting is, ywerig vir goeie werke.+
15 Hou aan om met volle gesag hierdie dinge te sê en om ander aan te spoor* en tereg te wys.+ Laat geen mens ooit op jou neersien nie.