Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Asma Baie dankie vir die artikel oor asma (22 Maart 1990). Julle het werklik daarin geslaag om hierdie ingewikkelde siekte in eenvoudige, verstaanbare terme te verduidelik. Ek bly tans saam met my seun in ’n kliniek waar hy asmatoetse ondergaan. In sy geval lyk dit of die asma verband hou met allergieë teen kos, stof en myte. Alles wat ons leer, kom met die artikel ooreen.

M. S., Bondsrepubliek Duitsland

Doop Baie dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Moet ek my laat doop?” (22 Maart 1990). Net die aand voor ek daardie nommer ontvang het, het ek om hulp gebid sodat ek kan weet of ek gereed is om gedoop te word. Die artikel het presies my gevoelens uitgedruk. Ek sien uit na my doop.

A. S., Verenigde State

In julle artikel “Jongmense vra . . . Is ek gereed om my te laat doop?” (8 April 1990) het julle gesê: “Die vraag wat seker die belangrikste is, hou egter verband met jou verhouding met God.” Dit is gewis die waarheid! Toe ek op 14-jarige ouderdom gedoop is, het ek nie ’n hegte, persoonlike verhouding met Jehovah gehad nie. Ek weet nou wat dit beteken om ’n hegte verhouding met God te hê. Dit is waarlik die sleutel.

J. R., Verenigde State

Die artikel het my baie gehelp; in so ’n mate dat ek by die volgende kringbyeenkoms van Jehovah se Getuies gedoop gaan word. Die manier waarop julle dinge van jongmense se kant beskou, is werklik puik.

K. M., Bondsrepubliek Duitsland

Lupus Ek is nie een van Jehovah se Getuies nie, maar ek moet julle gelukwens met julle nommer van 8 Mei 1990 met sy artikels oor besoedeling en die pragtige verhaal oor lupus. Ek is reeds 14 jaar ’n lupuslyer. Toe ek Robin se verhaal gelees het, was dit asof ek my lewe herleef het. Sy het ’n baie positiewe benadering, iets wat alle lupuslyers moet probeer hê.

Y. M. B., Engeland

Ek is baie bemoedig nadat ek van die talle Christenbroers en -susters gelees het wat dag in dag uit op Jehovah vertrou om hul siektes te verduur. Ek het redelik onlangs pyne in my bene (osteoartritis van die heup) begin kry en kan nie langer as een uur op my voete bly nie. Maar danksy Jehovah se genade kan ek voortgaan om as ’n voltydse bedienaar te dien. Robin se verhaal het getoon hoe Jehovah na die behoeftes van elkeen van ons omsien.

H. A., Japan

Ouers wat baklei In julle artikel “Jongmense vra . . . Wat moet ek doen as my ouers baklei?” (8 Desember 1989) het julle aan die hand gedoen dat ’n jeugdige hom eenvoudig moet verskoon en na sy kamer moet gaan wanneer sy ouers baklei. Ek vind dit gewaagd en gevaarlik. As ek uit die vertrek sou gaan waar hulle baklei, sou my aggressiewe pa my ma kon doodmaak! Ek vind dit derhalwe baie belangrik om altyd teenwoordig te wees sodat ek hulle uitmekaar kan maak wanneer hulle baklei.

P. M. E., Nigerië

’n Voetnoot in die artikel het gesê: “Ons praat nie van situasies waar ’n vader wat gesinslede mishandel hulle met geweld dreig nie.” Omstandighede verskil, en ’n jeugdige sal dalk met rede besorg wees oor die veiligheid van een van sy ouers. Die voetnoot het dus verder bygevoeg: “In sulke gevalle kan gesinslede genoodsaak wees om hulp van buite te verkry om hulle teen fisieke leed te beskerm.”—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel