Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w78 11/1 bl. 20
  • “Altyd vreedsaam”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Altyd vreedsaam”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
w78 11/1 bl. 20

This article comes from W78_03_15

“Altyd vreedsaam”

• Christene word deur die Skrif aangespoor om ‘die vrede na te jaag’ en hulle ‘lewenswandel skoon te hou’ (Hebr. 12:14; 1 Pet. 2:12). Gehoorsaamheid aan hierdie raad bring talle voordele mee. Dit is onlangs in Suid-Afrika toegelig.

• Weens onrus dwarsoor die land was die owerhede in die swart woonbuurt Soweto net buitekant Johannesburg nie seker of hulle aan Jehovah se Getuies toestemming moes verleen om die Amfiteater aldaar vir ’n byeenkoms te gebruik nie. Maar die opsigter, wat bewus was van hulle gedrag tydens vorige byeenkomste, het gesê: “Hulle is die allerlaaste mense wat die gebruik van die teater ontsê moet word. Hulle byeenkomste is altyd vreedsaam.” Toestemming om die geriewe te gebruik is verleen.

• Ten spyte van die onrus in die land is ’n aangename, vreedsame Christenbyeenkoms gehou. Dit is deur 4 620 persone bygewoon, onder andere 50 wat gedoop is as simbool van hulle toewyding aan Jehovah God. Na afloop van die byeenkoms het die opsigter gesê dat die Getuies die Amfiteater “skoner as ooit tevore” gelaat het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel