Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w79 3/15 bl. 24
  • ’n Wyse spreuk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wyse spreuk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1979
  • Soortgelyke materiaal
  • Dissipline lewer ’n vredevolle vrug
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Verkry wysheid en aanvaar dissipline
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • “Iemand wat op teregwysing ag gee, is skerpsinnig”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1979
w79 3/15 bl. 24

’n Wyse spreuk

“Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.” Hierdie wyse stelling in Spreuke 19:25 vestig ons aandag op twee onderrig-metodes.

Voordat ’n onervare of ’n eenvoudige persoon sal leer dat hy oortreding moet vermy, sal hy dalk moet sien hoe ’n verstokte oortreder kwaai gestraf word. Hetsy daardie kragtige optrede die oortreder laat hervorm of nie, leer dit darem iets aan die eenvoudige. Dit sal waarskynlik vir hom ’n sterk afskrikmiddel wees. Die verstandige persoon het egter nie so ’n sterk waarskuwende les nodig nie. Dikwels is dit vir hom voldoende om privaat woorde van bestrawwing te hoor; hy aanvaar dadelik die raad en pas dit toe.

Talle ouers het al die waaragtigheid van hierdie woorde gesien, of hulle kan dit nog doen en daarby baat vind. Soms is streng dissipline soos ’n pak slae nodig (hetsy hy sien hoe ’n ander dit kry, of dit self kry) voordat ’n kind leer om ’n verkeerde weg te vermy. Maar in talle gevalle waar ’n kind voortdurend ferme, vormende teregwysing van sy ouers ontvang, vorder hy tot die punt waar hy uit ouerlike bestrawwing of raad kan leer. Dit op sigself sal dwarsdeur sy lewe ’n waardevolle les wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel