Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w78 8/1 bl. 3-4
  • ‘As dit moontlik is, leef in vrede met alle mense’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘As dit moontlik is, leef in vrede met alle mense’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat dit beteken om neutraal te wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Berei nou voor vir toetse van jou neutraliteit
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • “Hulle is geen deel van die wêreld nie”
    Aanbid die enigste ware God
  • “Hulle is geen deel van die wêreld nie”
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
w78 8/1 bl. 3-4

‘As dit moontlik is, leef in vrede met alle mense’

Die talle faksies, hetsy godsdienstig, polities, nasionalisties of etnies, laat nie vandag veel ruimte vir vrede op die aarde nie. Christene word egter beveel: “As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense” (Rom. 12:18). Dit is soms baie moeilik. Maar Christene weet dat indien hulle op vreedsame voet met God wil verkeer, hulle hierdie gebod moet gehoorsaam, wat beteken dat hulle neutraal moet wees waar dit kom by die verdelende faksies in die wêreld, en dat hulle daarbenewens Jesus se woorde moet gehoorsaam om daarna te streef om ‘vriende van vrede’ te wees deur aan alle mense te vertel van die vrede wat God se koninkryk na die aarde sal bring.—Luk. 10:5, 6, vgl. NW.

Deur hierdie vreedsame neutraliteit te handhaaf, het ware Christene nie hulle plig ontduik nie. Hulle het gely, maar hulle het die vervulling van die apostel se woorde ervaar: “Hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.”—2 Kor. 13:11.

In party lande waar daar ’n bittere magstryd woed, is talle van Jehovah se Getuies tronkvonnisse opgelê omdat hulle weier om by die politieke geskil betrokke te raak. Party het tot drie en vier opeenvolgende vonnisse uitgedien. Ander, vroue inkluis, is erg aangerand. Maar nie een van diegene wat tronk toe gestuur is of mishandel is, het ooit enigsins probeer om wraak te neem nie. Terwyl hulle in die tronk was, het hulle ‘vriende van vrede’ gevind wat na die goeie nuus van die koninkryk van God geluister het en wat begin het om hulle weë te verander om hom te behaag. In talle gevalle het die vreedsame gedrag van hierdie Christene hulle bewaarders beweeg om hulle vriendelik en met respek te bejeën. Hulle het ook op ander maniere Jehovah se beskerming ervaar. In party gevalle het hulle geen vriendelikheid van mense ontvang nie, maar hulle het die vreugde van die apostels gesmaak wat “bly [was] dat hulle waardig geag was om vir [Jesus se] Naam oneer te ly”.—Hand. 5:41.

Een man wat ’n opsiener in ’n gemeente van Jehovah se Getuies is, het besef dat hy in die nabye toekoms dalk tronk toe gestuur sou word weens sy neutrale standpunt. Hy kon die land verlaat het en aldus die geskil heeltemal vermy het en elders gerieflik saam met sy gesin gewoon het. Maar hy en sy gesin het die saak biddend oorweeg en besluit dat sy Christelike verantwoordelikhede en die werk wat gedoen moes word, naamlik om ander te help om meer omtrent die Bybel te leer, daarop gedui het dat dit die Koninkryksbelange beter sou bevorder indien hulle aanbly, selfs al was dit gevaarliker. Hulle het voorbereidings getref sodat sy vrou en vier kinders saam kon werk om die pot aan die kook te hou indien hy opgesluit word. Al lyk dinge ook hoe donker, hulle vertrou dat Jehovah vir hulle sal sorg.

In ’n sekere land wat deur politieke tweedrag verdeel word, bly Jehovah se Getuies, soos in alle lande, neutraal wat die strydende partye betref. Toe een van die Getuies op pad na ’n Bybelvergadering was, is hy deur soldate in hegtenis geneem. Toe hulle sy boeketas leegmaak en vind dat dit vol Bybels en Bybellektuur is, het een van die soldate gesê: “Ons is jammer. Ons soek nie na Jehovah se Getuies nie.” Dit het aanleiding gegee tot ’n Bybelbespreking. Die Getuie is vrygelaat met die woorde: “Ons begryp julle Jehovahsgetuies se posisie ten opsigte van politieke aangeleenthede.”

In ’n ander land waar daar veel geweld op die grens en guerrillabedrywigheid is, is een van Jehovah se Getuies in die polisiemag verplaas na ’n polisiepos in guerrillagebied. Alhoewel hy in die vingerafdrukafdeling gewerk het, is hy beveel om die wapen tydens ’n guerilla-aanval op te neem. Hy het geweier om sy neutraliteit prys te gee en is gevolglik in die tronk opgesluit. Kort daarna het die guerrillas weer ’n aanval gedoen en die polisiepos heeltemal uitgewis. Hoewel hy steeds ’n gevangene is, is hierdie Getuie bly dat sy standpunt as gevolg van gehoorsaamheid aan Bybelbeginsels hom beskerm het. Hy is bly dat hy nog lewe en dat hy kan voortgaan om in vrede met alle mense te lewe.

Hoewel Christene self vredeliewend is, moet hulle sorg dat hulle posisie van Christelike neutraliteit duidelik begryp word en moet hulle situasies vermy wat twyfel oor hulle standpunt kan laat ontstaan. Die belangrikheid daarvan om altyd in hierdie verband wakker te wees, word beklemtoon deur ’n voorval in ’n klein dorpie. ’n Gemeentelike ouere man en sy gesin het saam met ’n vleeslike broer gewoon wat nie een van Jehovah se Getuies was nie. Guerrillas het hulle aangeval en die twee manne saam met verskeie ander dorpenaars in hegtenis geneem. Die Getuie het geprotesteer dat hy ’n Christelike neutrale is, maar die guerrillas het geantwoord dat hulle hom in dieselfde huis aangetref het as ’n persoon (sy vleeslike broer) wat van anti-guerrillabedrywigheid verdink is. Hulle het toe sy vrou en kinders, tesame met ander dorpenaars, beveel om vir hulle lewens te vlug terwyl hulle die ouere man en vier ander manne doodgeskiet het. Die Getuie het niks onchristeliks gedoen nie, en sy dood is voorwaar te betreur. Hierdie wrede ondervinding onderstreep egter die nodigheid vir Getuies om hulle Christelike neutraliteit duidelik bekend te maak en om wawyd wakker te wees om situasies en omstandighede te vermy wat twyfel oor hulle neutraliteit kan wek.—Matt. 10:16.

Hoewel ons nie kan verwag dat alle mense die vriende van Jehovah se Getuies sal wees nie, het talle mense groot respek vir iemand wat God gewetensgetrou en opreg dien. Dit is soos die geïnspireerde skrywer van die Bybelspreuk gesê het: “As die HERE behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.”—Spr. 16:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel