Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w78 8/1 bl. 5-6
  • Die skepping vertel die eer van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die skepping vertel die eer van God
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
  • Soortgelyke materiaal
  • Laat almal die heerlikheid van Jehovah verkondig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Jehovah se gebruik van “dwaasheid” om die wat glo te red
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Die skepping maak die heerlikheid van God bekend!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Die skepping sê: ‘Hulle het geen verontskuldiging nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
w78 8/1 bl. 5-6

DIE SKEPPING VERTEL DIE EER VAN GOD

“Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.”—Rom. 10:18.

SONDER spraak of woorde of stem verkondig Jehovah God se skeppingswerke sy eer. Psalm 19:2-5 getuig hiervan: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: daar is geen spraak en daar is geen woorde nie—onhoorbaar is hulle stem. Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld.” Die sterbesaaide hemele weerspieël inderdaad die eer van God.

Maar sy skeppingswerke op aarde vertel ook sy wysheid en krag: “Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele! Daar is die see, groot en alkante toe wyd—daar is ’n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes” (Ps. 104:24, 25). Mense-uitvinders neem hierdie goddelike wysheid waar en boots die vis na wat elektrisiteit opwek, die wesp wat papier maak, die eendmossel wat kleefstof maak, die meeu wat seewater ontsout, die by wat lugverkoeling vir sy tuiste voorsien, die seekat wat straalaandrywing gebruik, die vlermuis wat sonar gebruik—en so kan ons aanhou voorbeelde meld.

Die apostel Paulus het na die skepping as ’n verkondiger van God se eer verwys: “Sy onsigbare dinge [eienskappe, NW] kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie” (Rom. 1:20). Die ateïs het geen verontskuldiging nie. Alle persone wat weier om die bestaan van ’n alwyse, almagtige Skepper te erken het geen verontskuldiging nie. Ons word dag en nag deur getuienis omring. Sonder spraak of woorde of stem duur hierdie prediking voort. Maar Paulus het ook verwys na predikingswerk wat wel van spraak en woorde en stemme gebruik maak. Hy het die wyse waarop dit die aarde vul, toegelig met die universele predikingswerk van die sterbesaaide hemele.

Paulus haal uit Joël 2:32 aan wanneer hy sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” en dan voortgaan: “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?” (Rom. 10:13-15). Nadat hy die nodigheid beklemtoon het dat mensepredikers uitgestuur word sodat mense Jehovah se naam kan aanroep en gered word, sê Paulus: “Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.” Paulus haal hier die vyfde vers van Psalm 19 aan oor die aardwye dekking van die getuienis van Jehovah se sigbare skeppingswerke in die hemele daarbo.—Rom. 10:18.

Dit is waar dat die mensdom selfs sonder prediking deur mense gehoor het van die mag en majesteit van Jehovah God. Sy sigbare werke getuig hiervan. Die psalmis en die apostel Paulus vestig ons aandag op hierdie feit. In Romeine hoofstuk 10 lyk dit asof Paulus sê dat die “evangelie” in verband met Christus die ore bereik het van die talle aan wie dit verkondig is, net soos die predikingswerk van die sigbare skepping die aarde oordek. “Het hulle miskien nie gehoor nie?” “Het Israel dit miskien nie verstaan nie?” Moses het gesê dat Israel se ywer gewek sou word deur nie-Jode wat Jehovah begin aanbid, en Jesaja het voorspel dat nie-Jode na Hom sou kom, maar dat hardnekkige Israeliete sou weier om Sy uitnodiging te aanvaar (Rom. 10:18-21; Deut. 32:21; Jes. 65:1, 2). In Paulus se dag is predikers van die evangelie van Christus na natuurlike Israel gestuur, nie alleen na die Jode in Palestina nie, maar ook na die wat in die Diaspora verstrooi was. Net soos die sigbare hemele vir almal op die aarde preek, so het mensepredikers die Evangelie eers aan die Jodedom en toe aan die nie-Jode verkondig.

Die sterbesaaide hemele, tesame met die res van die sigbare skepping, weerspieël Jehovah se wysheid tot ’n sekere mate, maar dit is nie hierdie weerspieëlde wysheid alleen wat lewe gee nie. Sy werke verkondig sy oppermag en majesteit, sy skeppingsgenie as ’n ontwerper. Maar selfs al sou ons al die verbasende ingewikkeldhede van sy skeppingswerke kon deurgrond, sou dit nog nie aan ons die nodige wysheid en krag gee om die ewige lewe te verkry nie. ’n Ander soort wysheid en ’n ander soort krag is nodig. “Christus, die krag van God en die wysheid van God” is nodig. Die spraaklose, woordelose, stom hemele verkondig God se eer oor die algemeen, “maar ons verkondig Christus aan die paal”. “Die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Die Jode en Grieke van Paulus se dag se reaksie op hierdie verkondiging van “Christus aan die paal” is die onderwerp van die volgende twee artikels.—1 Kor. 1:22-24, NW; Hand. 4:12.

[Lokteks op bladsy 5]

“Maar ons verkondig Christus aan die paal”

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel