Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w78 7/1 bl. 17
  • Die onderrigter wat anders was

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die onderrigter wat anders was
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
w78 7/1 bl. 17

Die onderrigter wat anders was

DIT IS moeilik om na ’n bepaalde tydperk in die geskiedenis terug te kyk en die “gees” daarvan vas te vang—die gevoelens en gesindhede van die mense wat toe geleef het. Ons kan gehelp word om te begryp hoeveel Jesus van die ander onderrigters van sy dag verskil het deur na die beskouings van die rabbi’s te kyk. Talle het ’n uiters verhewe beskouing van Israel gehad en geleer dat ‘Israel voor die skepping van die Heelal in God se gedagtes was’. Hulle het ook veel klem gelê op ’n kennis van gebruike en was baie trots daarop dat hulle van Abraham afgestam het. Bybelgeleerde Edersheim merk op: “Die afkeur, gepaard met veragting, van alle Heidense gebruike, denke en omgang; die aanbidding van die letter van die Wet; die eiegeregtigheid en trots op afstamming en nog meer op kennis” het alles bygedra tot “algehele vyandigheid teenoor die aansprake van ’n Messias wat soveel van hulle en hulle eie ideaal verskil het”.

Dit help ons om te besef waarom selfs die ongeletterdes die verskille tussen die leringe van Jesus en die van die rabbi’s kon onderskei. Soos Mattheüs opgemerk het: “Die skare [was] verslae oor [Jesus se] leer; want Hy het hulle geleer . . . nie soos die skrifgeleerdes nie.”—Matt. 7:28, 29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel