Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w78 12/1 bl. 23-24
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
  • Soortgelyke materiaal
  • Die opstanding van Jesus—Wat dit vir ons beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • ‘Ons weet dat hulle sal opstaan in die opstanding’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Wat is die opstanding?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Ware hoop vir jou geliefdes wat gesterf het
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
w78 12/1 bl. 23-24

VRAE van LESERS

• Sal mense, wanneer God persone in die toekoms op aarde opwek, ongeveer dieselfde ouderdom en voorkoms as tevore hê?

Die Skrif lewer nie spesifiek hieroor kommentaar nie, maar rede en sekere Bybelse aanduidings wil te kenne gee dat dit die geval sal wees.

In die geval van die geestelike opstanding gebruik die Bybel die illustrasie van plantsade en sê: “God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het.” Ja, hy voorsien wat gepas en nodig is (1 Kor. 15:35-44). Ons kan dieselfde verwag wat die aardse opstanding betref.

Die Bybelverslae van opstandings in die verlede bevat geen aanduiding dat die mense wat opgewek is veel jonger of ouer was of baie anders gelyk het nie. Toe ’n seun in Sunem gesterf en deur Elisa opgewek is, het hy teruggekom met die ouderdom en voorkoms wat hy gehad het toe hy gesterf het (2 Kon. 4:32-37). Dink ook aan Jesus se opwekking van Lasarus, wat vier dae dood was en wie se liggaam reeds begin ontbind het. Het Lasarus teruggekom met ’n drastiese verandering van voorkoms of met dele van sy vlees in ’n staat van ontbinding? Nee. Hy het naastenby dieselfde as tevore gelyk. Indien dit nie die geval was nie, kon godsdiensvyande beslis daardie feit gebruik het om Jesus se geloofwaardigheid aan te tas.—Joh. 11:32-47.

Daarbenewens weet ons dat Jehovah ’n God van orde, vriendelikheid en genade is. Dit weeg op teen die gedagte dat hy iemand sal terugbring sonder ’n ledemaat of verkriklik misvorm weens die laaste stadia van ’n dodelike siekte (Jak. 1:17; Luk. 11:13). Dit verg egter nie dat die indiwidu ‘in die fleur van sy lewe’ moet terugkom nie. Gestel iemand het op die ouderdom van 75 aan ’n hartaanval beswyk. Waarom kan God hom dan nie met ’n soortgelyke liggaam maar met ’n hart wat sal aanhou pomp, opwek nie? Namate die genesingskrag van Jehovah se voorsienings, onder andere die verdienste van Jesus se offerande, toegepas word, kan die persoon na volmaaktheid vorder.—Openb. 22:1, 2, 17.

Maar dit is nie noodwendig nuttig of raadsaam om in te gaan op vrae oor die toestand van verresenes nie. God kon breedvoerige informasie in die Bybel ingesluit het oor wat hy presies gaan doen. Die feit dat Jehovah dit nie gedoen het nie, gee te kenne dat hy dit nie beskou as informasie wat ons nou broodnodig het nie. Hy het wel ’n aantal verslae van opstandings wat deur sy krag verrig is in die Bybel laat opteken. En hy het in die Skrif versekering gebied dat daar “’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges” (Hand. 24:15; Joh. 5:28, 29). Toe het hy dit aan ons oorgelaat om geloof in sy Woord en sy beloftes te verkry. Ons kan daarvan seker wees dat indien óns geloof toon en aldus tot in die Nuwe Orde oorleef, God sal toesien dat daar geen onoorkoomlike probleme in verband met die opstanding is nie. Ons sal die vreugde hê om diegene wat uit die dode opgewek word terug te verwelkom, te herken en te help.

• Genesis 11:1 sê dat die hele aarde voor die verwarring van tale by Babel een taal gepraat het; maar vroeër lyk dit of Genesis 10:5 te kenne gee dat verskeie tale alreeds bestaan het. Hoe kan dit verstaan word?

Waar dit van Noag se afstammelinge deur sy kleinseun Jawan praat, sê Genesis 10:5: “Uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies . . . elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.”

Genesis hoofstuk 10 bevat wat algemeen die “Tabel van die nasies” genoem word. Dit meld 70 geslagte of nasies wat van Noag se seuns afstam en gee ’n aanduiding van waarheen hulle uiteindelik versprei het en waar hulle hulle gevestig het. Moses het dit natuurlik eeue na die Vloed en verwarring van tale by Babel neergeskryf. Hy was dus in die posisie om besonderhede van hoe sake deur die eeue heen verloop het, byeen te bring in wat nou Genesis hoofstuk 10 is.

Nadat Genesis hoofstuk 10 besonderhede van die “Tabel van die nasies” verstrek, hervat hoofstuk 11 die verhaal of chronologiese geskiedenis met Babel en toon dit hoe talle tale ontstaan het en waarom volke oor die aardbol versprei het.—Gen. 11:1-9.

Ons moet dus nie dink dat die verwysing na verskeie tale in hoofstuk 10 beteken dat hulle ontstaan het voor die verwarring van tale by Babel nie (Gen. 10:5, 20, 31, 32). Maar daardie tale is later aangetref onder Noag se afstammelinge, wie se afkoms in daardie hoofstuk verstrek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel