Dankbetuigings
“Dankie! Dankie! Dankie! Waarvoor? Die onlangse artikel ‘Iets nuuts omtrent God se naam’ in Die Wagtoring. Ek het as ’n Jood grootgeword maar het nooit daardie naam gehoor nie. Selfs wanneer ek Joodse kampe bygewoon het, het ek dit nooit gehoor nie. Die enigste ‘naam’ wat ek leer ken het, was Adonaï. Julle kan julle nie voorstel hoe verheug ek was toe ek die onweerlegbare getuienis in hierdie onlangse artikel gelees het nie. Ek kan nie wag om meer eksemplare in die hande te kry nie. As daar iets is waaraan ek ’n hekel het, is dit dat God se naam misbruik of glad nie gebruik word nie. Hierdie artikel sal my help om my hartewens te vervul, naamlik om ons wonderlike Skepper se naam bekend te maak. Dankie! En mag Jehovah julle seen.”
—Van ’n Joodse leser
“Dit is net ’n kort briefie om vir julle te sê hoe baie ek die onlangse artikels in The Watchtower asook die in die Awake! geniet. Die artikels in The Watchtower van 1 Maart 1978 [Die Wagtoring van 1 Junie 1978] oor ‘Ons inkomende wereldregering—God se koninkryk’ is veral op prys gestel, en behoort al die lede van God se volk te help om duidelik die tye en seisoene waarin ons lewe te onderskei. Toe ek my in 1923 toegewy het om Jehovah te dien, het ek my voorgeneem dat ek elke artikel in elke nommer van The Watchtower en Golden Age, nou Awake!, gaan lees. Meer as 55 jaar het ek getrou by daardie voorneme gebly en het ek elke artikel in albei tydskrifte gelees. Dit was nie ’n las nie, maar ’n bron van veel vreugde, vertroosting en opleiding. Baie dankie vir die groot hoeveelheid navorsing, studie en werk wat tot ons voordeel aan die voorbereiding van The Watchtower en Awake! gewy word, want dit is voorwaar geestelike voedsel.”
—Van ’n getroue leser