‘’n Skietlood in Jehovah se hand’
Die tienstammeryk van Israel word vergelyk met ’n muur wat, met ’n skietlood gemeet, aanvanklik regop was, maar wat mettertyd begin oorleun het. Ons lees: “Kyk, die HERE het op ’n loodregte muur gestaan, en daar was ’n skietlood in sy hand. Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: ’n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan ’n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.”—Amos 7:7, 8.
Aan Jehovah se standaard of skietlood gemeet, het Israel as ’n muur te ver oorgeleun. Die Allerhoogste sou nie meer die sonde van die volk verbygaan of verskoon nie. Net soos ’n oorhellende muur afgebreek moet word om te voorkom dat verbygangers beseer word, sou God nadelige oordeel aan die ontroue tienstammeryk van Israel voltrek.