Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 4/1 bl. 15-20
  • Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Wonderbare Raadsman’ en “Ewige Vader”
  • Die koninklike regering van die “Vredevors”
  • Die hedendaagse sameswering sal verydel word
  • Staan Jehovah se universele soewereiniteit onverskrokke voor
  • Die grootste kindergeboorte op aarde is ’n voorspel tot wêreldwye veiligheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wie sal die mensdom na vrede lei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wanneer sal blywende vrede werklik kom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soek ware vrede en streef dit na!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 4/1 bl. 15-20

Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”

“Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.”—JESAJA 9:6.

1, 2. (a) Waarvoor sou die geboorte van God se Koninkryk ’n geleentheid wees, en wanneer het hierdie geboorte plaasgevind? (b) Wat dra die handves van die Verenigde Volke aan daardie organisasie op, maar wat het die Koninkryksverbond aan Jesus Christus opgedra? (c) Hoe weet ons dat Jehovah onfeilbaar aan die Koninkryksverbond getrou sal bly?

NET soos die geboorte van Jesus, die volmaakte manlike kind, ’n geleentheid van buitengewone vreugde was, sou die geboorte van sy langbeloofde Koninkryk ’n geleentheid van baie groot vreugde wees (Psalm 96:10-12). Volgens die feite van die eietydse geskiedenis is daardie regering in 1914 op die skouer van die verheerlikte Jesus geplaas. Die bestaan van die Verenigde Volke-organisasie vandag loënstraf nie daardie feit nie. Nie een van die heersers van die 159 lede van die VV behoort tot die huis van Dawid nie. Die handves van daardie wêreldsameswering dra die taak om wêreldwye vrede en veiligheid vir die mensdom te bewerkstellig nietemin aan hulle op.

2 Maar Jehovah se verbond vir die Koninkryk is nog nooit gekanselleer nie. In Jesaja 9:6 bevestig die uitdrukking “op die troon van Dawid” die verbond wat God met Dawid gesluit het vir ’n ewige koninkryk. Jehovah het daarbenewens gesweer dat dit met welslae deurgevoer sou word. Dat Jehovah aan hierdie verbond getrou gaan bly, is duidelik gestel in Psalm 89:4, 5, 36, 37: “Ek het ’n verbond gesluit met my uitverkorene, met ’n eed aan Dawid, my kneg, belowe: Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie! Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.” Daardie verbond, asook die titel “Vredevors”, dra die taak om wêreldwye veiligheid te bring aan Jesus Christus op.

3. Waarom was die tyd toe die “Vredevors” moes begin heers nie ’n tyd van vrede vir die hemel of vir die aarde nie?

3 Maar die tyd wanneer Jehovah God die regering op die skouer van sy Kroonprins sou plaas, sou nie ’n jaar van vrede in die hemel daarbo of op die aarde hieronder wees nie. Volgens Openbaring hoofstuk 12 sou die geboorte van sy Koninkryk deur oorlog in die hemel gevolg word. Satan die Duiwel en sy demone het teen die pas opgerigte regering geveg, en die pas gekroonde Koning en sy heilige engele het teen daardie demonmagte geveg. Die gevolg was dat Satan en sy demone uit die hemele na die omgewing van ons aarde neergewerp is. Die uitroep het gevolglik weerklink: “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12). Sedert die Duiwel verneder is, het ons aarde ongelukkig die toneel van ongeëwenaarde geweld en oorlog geword. Hoe het die mensdom tog nie die bewind van die “Vredevors” nodig nie, want dit sal wêreldwye veiligheid meebring!

4. Waarom moet die titel “Sterke God” nie met almagtige God verwar word nie?

4 Volgens Jesaja 9:5 sal ander titels benewens “Vredevors” by die heerlike naam van Jesus Christus gevoeg word. Een van hierdie titels sou “Sterke God” wees. Hy sou nie almagtige God genoem word asof hy ’n gelykwaardige lid van ’n drie-eenheid van gode is nie. Selfs op die dag van sy opstanding het hy dit bekend gemaak dat hy steeds ondergeskik aan Jehovah is. Hy het aan Maria Magdalena verskyn en haar gestuur om vir sy bekommerde dissipels te sê dat hy terugkeer na hulle Vader en sy Vader en na hulle God en sy God (Johannes 20:17). Reg tot vandag toe gaan hy die hele skepping voor in die aanbidding van die “God van die gode”, Jehovah (Daniël 11:36). Ja, Jesus Christus het ’n God, en daardie God is nie Jesus self nie, maar die hemelse Vader Jehovah. Op watter wonderlike wyse is die “Vredevors” tog die voorloper van blywende vrede en veiligheid vir die ganse heelal!

5. Waarom is Jesus Christus hoogs bekwaam om alle intelligente skepsele in die aanbidding van die ware en lewende God, Jehovah, te lei?

5 Tot in alle ewigheid sal die verheerlikte Seun van God voortgaan om alle intelligente skepsele in die aanbidding van hierdie een en ware, lewende Godheid, Jehovah, te lei. Die verhewe Seun van God is by uitstek bekwaam om dit te doen. Van alle skepsele in die hemel en op aarde is die verheerlikte Seun van God die een wat Jehovah die langste en ook die intiemste ken. In 1 Korinthiërs 2:11 sê die apostel Paulus: “Wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is?” So is dit ook in die geval van Jesus Christus. Hoewel hy tydens die skepping van die mens deur Jehovah God gebruik is, was dit vir hom iets anders om inderdaad self ’n mens te word, om deur al die aardse omstandighede omring te word en persoonlik die gevoelens van ’n mens te ervaar. Daarom staan daar geskrywe: “Al was Hy die Seun, het [Hy] gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het” as ’n man hier op aarde (Hebreërs 5:8). Hy het voorwaar bewys dat “alle mag in die hemel en op aarde” met veiligheid aan hom toevertrou kon word en dat hy waardig is om die titel “Sterke God” te hê.—Mattheüs 28:18; vergelyk Filippense 2:5-11.

‘Wonderbare Raadsman’ en “Ewige Vader”

6. Hoe dien Jesus Christus as ‘wonderbare Raadsman’, en hoe vind die “groot menigte” by sy wonderbare raad baat?

6 Om al hierdie kragtige redes is God se hemelse Vors ten volle in staat om vir die mensdom ’n ‘wonderbare Raadsman’ te wees (Jesaja 9:5). Sy raad is altyd wys, volmaak en onfeilbaar. As die Middelaar tussen Jehovah God en diegene met wie die nuwe verbond gesluit is, was hy die afgelope 19 eeue inderdaad ’n wonderbare raadsman. Nou, sedert 1935, ontvang “’n groot menigte” van sy “ander skape” ook sy wonderbare raad en geniet hulle die beste onderrig en leiding (Openbaring 7:9-17; Johannes 10:16). As ’n instrument in hierdie raadgewingswerk het hy in hierdie “voleinding van die wêreld” die beloofde “getroue en verstandige dienskneg”-klas verwek en dit oor al sy aardse besittings of koninklike belange aangestel (Mattheüs 24:3, 45-47; Lukas 12:42-44). Die “groot menigte” ontvang nou geestelike raad wat inderdaad wonderbaar en betroubaar is omdat dit op die geopenbaarde Woord van God gebaseer is.

7. Waarom is Satan die Duiwel nie meer ’n sterke god vir Jehovah se volk nie?

7 Omdat ons daardie raad toepas, is Satan die Duiwel, “die god van hierdie wêreld”, nie meer ’n sterke god vir ons as Jehovah se volk nie (2 Korinthiërs 4:4). Ons het gehoorsaam uit Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, gekom en het nie langer gemeenskap met haar bose sondes nie. Ons het ons standpunt onwrikbaar ingeneem aan die kant van die Een op wie se skouer Jehovah God Sy regering geplaas het.

8. (a) Waarom is die titel “Ewige Vader” veral vir die “groot menigte” aantreklik? (b) Wat gaan met diegene gebeur wat toelaat dat Satan die Duiwel hulle geestelike vader is?

8 “Ewige Vader” is ’n liefderyke titel. Die “groot menigte” “ander skape” waardeer hierdie term veral. Satan die Duiwel se vaderskap het hulle nie geval nie. Hulle sidder wanneer hulle dink aan die Joodse godsdiensleiers wat Jesus teengestaan het en vir wie hy gesê het: “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Johannes 8:44). Die “groot menigte” het uitgegaan onder daardie geestelike kinders van Satan die Duiwel, wie se vaderskap oor die sondige mensdom nie vir ewig sal duur nie. Diegene wat toelaat dat hy hulle geestelike vader is, sal saam met hom vergaan. Algehele vernietiging, wat afgebeeld word deur “die ewige vuur” van Mattheüs 25:41, wag op die Duiwel en alle mense wat nie onder sy vaderskap uitkom nie.—Mattheüs 25:41-46.

9. Hoe kry die “groot menigte” ’n voorsmaak van die vaderskap van die “Ewige Vader”?

9 Die “groot menigte” kry andersyds ’n voorsmaak van die vaderskap van die “Ewige Vader”.a Hoe? Deur na sy stem te luister en sy “ander skape” te word en deur om te gaan met die oorblyfsel van geestelike Israel. Hierdie hartlike gesinsverhouding getuig van vrede. Onder inspirasie het die apostel Paulus in Romeine 16:20 (NAV) van Jehovah gepraat as die “God wat vrede gee”. Hoe gepas dan dat sy eniggebore Seun die “Vredevors” genoem word! Deur die vrede in die ganse heelal te herstel, sal die “Vredevors” ongetwyfeld die betekenis van sy groot titel waardig wees.

Die koninklike regering van die “Vredevors”

10, 11. Wat het Jesaja gesê nadat hy die grootste kindergeboorte van alle tye voorspel het, en wat beteken sy woorde?

10 Nadat Jesaja die grootste geboorte van alle tye voorspel het—ja, dié van die Seun van God wat vereer sou word met die titel “Vredevors”—is die profeet deur Jehovah se gees gedrywe om te sê: “Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde . . . Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.”—Jesaja 9:6.

11 Met die woorde “tot vermeerdering van die heerskappy” toon die profesie dat die ryk van die “Vredevors” inderdaad die ganse aarde sal insluit. Daar sal geen grense op aarde wees wat sy domein beperk nie. Dit sal die hele aardbol oordek. Op die toekomstige paradysaarde sal daar daarbenewens geen einde aan vrede wees nie. Daar sal nêrens ooit weer oproere wees nie. Vrede sal oor die hele aarde strek en altyd oorvloedig wees (Psalm 72:7). In hierdie geval beteken vrede meer as die afwesigheid van geweld en oorlog. Dit sluit reg en geregtigheid in, want Jesaja het gesê dat die heerskappy onderskraag sou word “deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid”. Die mensdom sal ’n oorvloed seëninge geniet. En die onvermoeide ywer van Jehovah God sal dit in ons dag volbring.

12. Hoe word die regering op die skouer van die “Vredevors” dwarsoor die aarde verteenwoordig?

12 Hierdie regering op die skouer van die “Vredevors” word selfs nou dwarsoor die aarde verteenwoordig. Sy koninklike, hemelse regering word vinnig deur al hoe meer aanvaar. Die hele oorblyfsel van die geesverwekte dissipels van Jesus Christus is uit die nasies versamel. Daarbenewens word die “groot menigte” uit meer as 200 lande versamel. Daar is tans 3 229 022 getuies van Jehovah, en die vreugdevolle insamelingswerk is nog nie voltooi nie. Hierdie “groot menigte” juig die regering op die skouer van die “Vredevors” toe. Die lede daarvan is baie dankbaar dat hulle daardie regering oor hulle het en dat hulle die gesante daarvan oor die hele aarde kan wees, in samewerking met die “ambassadeurs . . . in die plek van Christus”, die gesalfde oorblyfsel.—2 Korinthiërs 5:20, NW.

Die hedendaagse sameswering sal verydel word

13. (a) Wat probeer die Koninkryksgesante onderling doen? (b) Hoe beskou God die Verenigde Volke?

13 Hierdie Koninkryksgesante bewaar ook die vrede onderling. Hulle ‘strewe ernstig om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede’ (Efesiërs 4:3). Hulle doen dit ondanks al die onrus wat vandag dwarsoor die aarde voorkom. Volksentiteite binne en buite die Verenigde Volke-organisasie is in werklikheid opgestel teen die regering van die “Vredevors”. In God se oë is die Verenigde Volke ’n kolossale wêreldsameswering. Waarom? Omdat dit verklaar dat dit sy oogmerk is om die doelwitte te bereik wat God bepaal het slegs sy “Vredevors” gaan bereik. En dit doen ’n beroep op die lede van alle nasies om hom te steun in sy strewe om wêreldwye veiligheid deur die mens se pogings te bewerkstellig. Dit het selfs 1986 as die “Internasionale Vredesjaar” uitgeroep. Dit blyk dus dat dit ’n sameswering teen die “Vredevors” en teen Jehovah se verbond met hom vir die ewige Koninkryk is.

14. Hoe het die profeet Jesaja almal wat teen Jehovah en sy Koninkryksverbond gekant is, gewaarsku?

14 Dit was om ’n soortgelyke rede dat die profeet Jesaja koning Agas en sy onderdane destyds gewaarsku het om nie vrede en veiligheid te soek deur ’n verbond met die Assiriëse Wêreldmoondheid te sluit nie. Ons tref die waarskuwing in Jesaja 8:9, 10 aan. In pragtige poëtiese taal waarsku die profeet almal wat teen Jehovah en sy Koninkryksverbond gekant is: “Maak geraas, o volke, en—stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en—stort inmekaar; gord julle en—stort inmekaar. Neem ’n besluit, en dit sal verydel word; maak ’n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!”

15. Wat gaan vandag met die sameswering teen die Koninkryksverbond gebeur, soos toegelig deur die sameswering in die dae van koning Agas?

15 Laat die nasies onder die vors van hierdie wêreld, Satan die Duiwel, maar saamsweer teen die Koninkryksverbond en sy vorstelike Erfgenaam en Heerser. Die sameswering sal verydel word, net soos die sameswering in die dae van koning Agas. Koning Resin van Sirië en koning Peka van Israel het nie Jehovah van die leërskare gevrees nie, maar teen sy verbond vir die Koninkryk saamgesweer. Wel, hulle sameswering is verydel. Koning Agas van Juda het Jehovah eweneens nie gevrees nie maar hom in ’n sameswering met die wêreldmoondheid van Assirië begewe. Dit het Agas nie werklik gehelp nie en nie vir hom vrede en veiligheid gebring nie. Dit het benoudheid en gevangenskap meegebring. Maar die ergste van alles was dat Agas sodoende Jehovah se guns verbeur het.

16. Hoe het Jehovah die Assiriëse sameswering teen die Koninkryksverbond verbreek, en wat het dit vir ons dag afgeskadu?

16 Na Agas se dood en in die dae van sy seun Hiskia het Jehovah van die leërskare die Assiriëse sameswering teen die Koninkryksverbond verbreek. Die koning van Assirië is verplig om uit die land van Juda terug te trek nadat Jehovah se engel 185 000 van sy soldate uitgewis het. Die vyand het nie eens een pyl na die stad Jerusalem geskiet nie (Jesaja 37:33-36). ’n Soortgelyke verydeling van die hedendaagse wêreldsameswering teen Jehovah se Koninkryksverbond en “Vredevors” is wis en seker, want God is met sy vors Immanuel en met almal wat hom toejuig!

Staan Jehovah se universele soewereiniteit onverskrokke voor

17. (a) Wat gaan die politieke elemente binnekort met Babilon die Grote doen, en wat sal Jehovah se volk nodig hê en geniet? (b) Wat gaan die ateïstiese heersers doen nadat hulle van Babilon die Grote ontslae geraak het, en wat gaan dit Jehovah laat doen?

17 Die politieke elemente gaan binnekort nie net teen die valse Christendom optree nie, maar teen die ganse Babilon die Grote, die hele wêreldryk van valse godsdiens, om dit uit te wis. Op daardie kritieke tydstip sal Jehovah se volk buitengewone goddelike beskerming nodig hê. Aangespoor deur die bloedige oorwinning oor Babilon die Grote sal die ateïstiese heersers diegene aan die kant van God se regering in die hande van Jesus Christus wreed aanval. Dan sal Jehovah sy “Vredevors” gebruik om “die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” te voer (Openbaring 16:14). Jesus Christus sal ’n onoorwinbare Stryder wees wie se regering nooit afneem nie. Hy sal die “Sterke God” wees onder die seëvierende, almagtige God, Jehovah. Hierdie “Sterke God” sal sy briljante loopbaan bekroon met die oorwinning by Armageddon wat tot in alle ewigheid sal weerklink sonder om te verdof. Alle lof aan daardie ongeëwenaarde oorwinning!

18. Wat is Jehovah se Getuies vasbeslote om te doen ondanks die hedendaagse sameswering teen die Koninkryksverbond, en met watter uitslag?

18 Voorwaarts dus tot groter wêreldprominensie as ooit tevore, al julle getuies van Jehovah, met volkome vertroue op julle God en sy heersende Koning, die “Vredevors”! Toon volkome onverskrokkenheid ondanks die huidige wêreldsameswering. Dien almal as tekens en wonders tot eer van Jehovah deur die boodskap van die Koninkryk en sy komende oorwinning oor die wêreldsameswering by Armageddon oral te verkondig. Wanneer die Duiwel die wêreldheersers beweeg om ons aan te val, moet julle onthou dat diegene wat aan die Koninkryk van Immanuel, die “Vredevors”, getrou bly die oorwinning sal behaal, want “God [is] met ons”! (Mattheüs 1:23; vergelyk Jesaja 8:10.) En laat al die engele van die hemel en alle lede van die mensdom op aarde wat hulle onkreukbaarheid handhaaf “Amen” sê op die regverdiging van Jehovah se soewereiniteit oor alle geskape dinge in die hemel en op aarde, met ’n nimmereindigende veiligheid!

[Voetnoot]

a Vir ’n breedvoerige bespreking van Jesus Christus se rol as “Ewige Vader”, kyk hoofstuk 20 van die boek Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”, uitgegee deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap.

Opsommingsvrae

◻ Hoe is die titel “Sterke God” op Jesus Christus van toepassing?

◻ Hoe dien Jesus as ‘wonderbare Raadsman’?

◻ Wie se vaderskap moet ons nastreef, en wie s’n moet ons verwerp?

◻ Wat is die Verenigde Volke in werklikheid?

◻ Wat gaan met die hedendaagse sameswering teen die Koninkryksverbond en teen sy Erfgenaam, die “Vredevors”, gebeur?

[Prent op bladsy 16, 17]

Die ganse heelal sal verenig wees in die vreedsame aanbidding van die Universele Soewerein

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel