Vir ons jongmense
Jesus genees mense wonderdadig
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Leef jou volkome in die verslae in.
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES MATTEUS 15:21-28.
Hoe het jy gedink het die moeder gevoel?
․․․․․
Watter toon het jy in die volgende verse in Jesus se stem “gehoor”?
24 ․․․․․ 26 ․․․․․ 28 ․․․․․
DELF DIEPER.
Hoeveel keer het Jesus—in woord of in daad—te kenne gegee dat hy nie die vrou se dogter gaan genees nie?
․․․․․
Waarom wou Jesus haar aanvanklik nie genees nie?
․․․․․
Waarom het Jesus haar toe wel genees?
․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Jesus se redelikheid.
․․․․․
Hoe jy hierdie eienskap in jou handelinge met ander kan navolg. ․․․․․
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES MARKUS 8:22-25.
Watter dinge het jy jou voorgestel kon binne en buite die dorpie gesien en gehoor word?
․․․․․
DELF DIEPER.
Waarom dink jy het Jesus die man tot buite die dorpie geneem voordat hy hom genees het?
․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Jesus se gevoel vir gestremdes—al was hy self nooit gestremd nie.
․․․․․
WATTER ASPEKTE VAN HIERDIE TWEE BYBELVERSLAE IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․