Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w14 12/15 bl. 4-5
  • Jehovah seën ’n gewillige gees ryklik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah seën ’n gewillige gees ryklik
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • “Die werk is groot”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Hulle oorvloed het ’n tekort aangevul
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hoe ons in die behoeftes van ander kan voorsien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
w14 12/15 bl. 4-5
Iemand gooi ’n bydrae in

Jehovah seën ’n gewillige gees ryklik

ONS Skepper het mense die kosbare gawe van wilsvryheid gegee. Wat meer is, hy seën diegene ryklik wat hulle wilsvryheid onselfsugtig gebruik om ware aanbidding te bevorder en wat hulle deel doen om sy verhewe naam te heilig en sy grootse voorneme te ondersteun. Jehovah wil nie hê dat mense hom moet gehoorsaam net omdat hulle gedreig en gedwing word nie. Hy stel eerder gewillige toegewydheid wat voortspruit uit opregte en diepe waardering, hoog op prys.

Toe die Israeliete byvoorbeeld in die wildernis Sinai was, het Jehovah hulle beveel om ’n plek van aanbidding te bou. Hy het gesê: “Samel onder julle ’n bydrae vir Jehovah in. Laat elkeen wat gewillig van hart is, dit as Jehovah se bydrae bring” (Eks. 35:5). Elke Israeliet kon gee wat hy ook al in staat was om te gee, en elke vrywillige bydrae—ongeag wat dit was of hoeveel dit was—sou op ’n gepaste wyse gebruik word om God se voorneme uit te voer. Hoe het hulle gereageer?

“Elkeen wie se hart hom gedring het” en “elkeen wie se gees hom aangedryf het”, het ’n vrywillige gawe gebring, “elkeen wat gewillig van hart was”. Mans en vroue het gewillig iets vir Jehovah se werk gebring: borsspelde, oorringe, ringe, goud, silwer, koper, blou weefgaring, purperrooigekleurde wol, karmosynrooi stof, fyn linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle, robbevelle, akasiahout, edelstene, balsemolie en olie. Uiteindelik was “die materiaal . . . genoeg vir al die werk wat gedoen moes word, ja, oorgenoeg”.​—Eks. 35:21-24, 27-29; 36:7.

Wat Jehovah se hart die meeste verbly het, was nie die materiële gawes nie, maar die gewillige gees van diegene wat ware aanbidding op hierdie manier ondersteun het. Hulle is ook beweeg om van hulle tyd te gee en om met die werk te help. “Al die vroue wat wys van hart was, het met hulle hande gespin”, sê die verslag. Ja, “al die vroue wie se hart hulle met wysheid gedring het, het die bokhaar gespin”. Wat meer is, Jehovah het Besaleël vervul met “wysheid, begrip en kennis en elke soort vakmanskap”. Trouens, God het Besaleël en Oholiab die vaardighede gegee wat nodig was om al die werk te doen wat hy hulle beveel het om te doen.​—Eks. 35:25, 26, 30-35.

Toe Jehovah die Israeliete genooi het om ’n bydrae te maak, het hy die volle vertroue gehad dat “elkeen wat gewillig van hart is”, ware aanbidding sal ondersteun. Op sy beurt het hy dié wat gewillig van hart was, ryklik geseën deur hulle van leiding te voorsien en hulle oorvloedige vreugde te gee. Jehovah het sodoende getoon dat hy kan verseker dat daar geen gebrek aan hulpbronne of vaardighede is om sy wil uit te voer wanneer hy sy knegte se gewillige gees seën nie (Ps. 34:9). As jy Jehovah onselfsugtig dien, sal hy jou gewillige gees beslis seën.

Hoe Party Besluit Om Vir Die Wêreldwye Werk By Te dra

Soos in die apostel Paulus se dag is daar vandag baie wat “iets opsysit”, of ’n bedrag begroot, en dit in die gemeente se bydraebussie gooi wat “Wêreldwye werk” gemerk is (1 Kor. 16:2). Elke maand stuur gemeentes hierdie bydraes na die takkantoor van Jehovah se Getuies wat oor hulle land toesig hou. Jy kan ook bydraes regstreeks stuur aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies in jou land gebruik word. As jy die naam wil uitvind van die regspersoon wat hoofsaaklik in jou land gebruik word, moet jy asseblief in verbinding tree met die takkantoor wat oor jou land toesig hou. Die adres van die takkantoor kan gevind word op www.jw.org. Bydraes wat jy regstreeks kan stuur, is:

REGSTREEKSE SKENKINGS

  • Skenkings per elektroniese bankoorplasing, debietkaart of kredietkaart. In die geval van party takkantore kan skenkings ook op jw.org of op ’n ander aangeduide webwerf gemaak word.

  • Skenkings van kontant, juweliersware of ander waardevolle persoonlike eiendom. Sluit ’n brief in wat sê dat die kontant of die item ’n regstreekse skenking is.

BEPLANDE SKENKINGS

Benewens geldskenkings en waardevolle persoonlike eiendom is daar ander maniere waarop ’n mens kan gee om Koninkryksdiens in alle wêrelddele te bevorder. Dit word hieronder uiteengesit. Ongeag hoe jy wil gee, tree asseblief eers in verbinding met die takkantoor wat oor jou land toesig hou om uit te vind hoe jy in jou land ’n skenking kan maak. Aangesien wetlike vereistes en belastingwette verskil, is dit belangrik om gekwalifiseerde belastingkonsultante en regsadviseurs te raadpleeg voordat jy besluit wat die beste manier is om ’n skenking te maak.

Versekering: ’n Regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, kan as die begunstigde van ’n lewensversekeringspolis of ’n aftreeannuïteit/pensioenskema benoem word.

Bankrekeninge: Bankrekeninge, depositosertifikate of persoonlike aftreerekeninge kan in trust gehou word of kan by afsterwe betaalbaar gemaak word aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, in ooreenstemming met plaaslike bankvereistes.

Aandele en obligasies: Aandele en obligasies kan as ’n regstreekse skenking gegee word aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word. Of ’n geskrewe ooreenkoms kan bepaal dat dit by afsterwe oorgedra word.

Vaste eiendom: Tree asseblief eers met die takkantoor in verbinding as jy vaste eiendom wil skenk. Die takkantoor sal vasstel of die vaste eiendom gebruik kan word en of dit beter sal wees om dit te verkoop en die geld vir die wêreldwye werk te gebruik.

Testamente en trusts: Eiendom of geld kan deur middel van ’n wettige testament bemaak word aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, of hierdie regspersoon kan as die begunstigde van ’n trustooreenkoms benoem word. Hierdie reëling kan sekere belastingvoordele inhou.

Die regspersoon wat in jou land deur Jehovah se Getuies gebruik word, kan as die begunstigde in ’n testament of trust benoem word. Dit moenie as die eksekuteur, beredderaar of trustee van jou boedel benoem word nie.

As jy meer inligting wil hê, kan jy skriftelik of per telefoon in verbinding tree met die Rekeningafdeling, by die adres wat hieronder aangegee word, of met die takkantoor wat oor jou land toesig hou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2021)
    Teken af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel