Wat sê die Bybel?
Sal daar ooit vrede op die aarde wees?
Wat sou jy sê?
Ja
Nee
Miskien
Wat die Bybel sê
Onder die heerskappy van Jesus Christus sal daar ‘’n oorvloed van vrede wees totdat die maan nie meer is nie’—met ander woorde vir ewig.—Psalm 72:7.
Wat kan ons nog uit die Bybel leer?
Daar sal nie meer slegte mense op die aarde wees nie. Dan sal goeie mense “hulle . . . verlustig in die oorvloed van vrede”.—Psalm 37:10, 11.
God sal ’n einde maak aan alle oorloë.—Psalm 46:8, 9.
Is ware innerlike vrede nou al moontlik?
Party mense glo . . . dat ware innerlike vrede nie moontlik is terwyl daar soveel swaarkry en ongeregtigheid in die wêreld is nie. Wat dink jy?
Wat die Bybel sê
Mense wat na aan God is, kan nou al “die vrede van God wat alle denke te bowe gaan”, hê.—Filippense 4:6, 7.
Wat kan ons nog uit die Bybel leer?
God belowe om ’n einde te maak aan swaarkry en ongeregtigheid. Hy sê: “Ek maak alles nuut.”—Openbaring 21:4, 5.
Ons kan innerlike vrede verkry as ons ons verhouding met God versterk.—Matteus 5:3.