Donderdag 26 September
Let op julleself dat julle harte nooit beswaar word met oormatige etery en strawwe drinkery en sorge van die lewe [nie]. — Luk. 21:34.
Jesus het geweet dat ons lewe baie moeilik sou wees as gevolg van die sorge van hierdie stelsel van dinge. Jesus het in sy illustrasie van die saaier gesê dat party mense “die woord van die koninkryk” sou aanvaar en vordering sou maak, maar dat “die sorge van hierdie stelsel van dinge en die bedrieglike krag van rykdom” die ‘woord sou verstik’ (Matt. 13:19-22; Mark. 4:19). As ons nie versigtig is nie, kan die sorge van die lewe veroorsaak dat ons nie meer so ywerig in Jehovah se diens is nie. Ons wys dat ons lief is vir Christus deur die predikingswerk eerste in ons lewe te stel. Hoe kan ons aanhou om dit te doen? Ons moet onsself afvra: ‘Waarvoor is ek die liefste? Wat gee my meer vreugde? My diens aan Jehovah of ander dinge?’ w17.05 23 ¶3-4
23-29 September
HEBREËRS 12-13
Lied 88 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Dissipline – ’n Bewys van Jehovah se liefde”: (10 min.)
Heb 12:5 – Moenie opgee wanneer jy dissipline ontvang nie (w12 3/15 29 ¶18)
Heb 12:6, 7 – Jehovah dissiplineer dié wat hy liefhet (w12 7/1 21-22 ¶3)
Heb 12:11 – Dissipline kan soms pynlik wees, maar dit kan ons oplei (w18.03 32 ¶18)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Heb 12:1 – Hoe word ons aangemoedig deur die voorbeeld van “’n groot wolk van getuies”? (w11 9/15 17-18 ¶11)
Heb 13:9 – Wat beteken hierdie vers? (w89 12/15 22 ¶10)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Heb 12:1-17 (th studie 11)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Tweede herbesoek, video: (5 min.) Speel en bespreek die video.
Tweede herbesoek: (3 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek. (th studie 2)
Bybelstudie: (5 min. of minder) lvs 39-40 ¶19 (th studie 6)
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Volhard ten spyte van . . . ons eie onvolmaakthede: (5 min.) Speel die video. Bespreek dan die volgende vrae:
Met watter probleem het broer Cázares gesukkel vandat hy gedoop is?
Op watter maniere is hy gedissiplineer?
Plaaslike behoeftes: (10 min.)
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) cf hfst. 14 ¶1-9
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 13 en gebed