Lied 85
’n Ryk beloning van Jehovah
1. Ons God is getrou teenoor dié wat hom dien;
hy sien hul heelhartigheid raak.
Hy weet dat hul weens hulle liefde vir hom
soms baie opoff’rings moet maak.
Het jy huis of ouers of vriende verlaat?
God weet hoe jy voel; hy is wys.
Hy seën jou nou ryklik met susters en broers
en ewige lewe as prys.
(REFREIN)
Mag Jehovah jou seën en jou vertroos;
van hom sal jy ’n ryk beloning kry.
Onder sy vleuels sal jy toevlug vind.
Ons God is betroubaar; lojaal sal hy bly.
2. Weens lewensverloop of uit eie besluit,
loop sommige jare alleen.
Omdat hul die Koninkryk eerste bly stel,
word hul deur Jehovah geseën.
Wie plek daarvoor maak om steeds enkel te loop,
Moet soms teen die eensaamheid stry.
As broers en as susters waardeer ons hul diens;
in liefde staan ons hulle by.
(REFREIN)
Mag Jehovah jou seën en jou vertroos;
van hom sal jy ’n ryk beloning kry.
Onder sy vleuels sal jy toevlug vind.
Ons God is betroubaar; lojaal sal hy bly.
(Sien ook Rigt. 11:38-40; Rut 2:12; Matt. 19:12.)