Job
5 As ek met manne van onwaarheid gewandel het+
En my voet hom na bedrog haas,+
6 Sal hy my op ’n akkurate weegskaal weeg,+
En God sal my onkreukbaarheid te wete kom.+
7 As my voetstappe van die weg afwyk,+
Of my hart bloot agter my oë aan geloop het,+
Of enige smet aan my palms gekleef het,+
8 Laat my dan saad saai en iemand anders eet,+
En laat my nakomelinge ontwortel word.
9 As my hart oor ’n vrou verlok was,+
En ek by die ingang van my metgesel op die loer bly lê het,+
10 Laat my vrou dan vir ’n ander man maal,
En laat ander manne oor haar neerkniel.+
11 Want dit sou losbandige gedrag wees,
En dit sou ’n oortreding vir die aandag van die regters wees.+
12 Want dit is ’n vuur wat tot vernietiging toe sou verteer,+
En onder my ganse opbrengs sou dit wortelskiet.
13 As ek die reg geweier het van my slaaf
Of van my slavin wanneer hulle ’n regsaak met my gehad het,
14 Wat kan ek dan doen wanneer God opstaan?
En wanneer hy rekenskap eis, wat kan ek hom antwoord?+
15 Het die Een wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie,+
En het nie net Een ons in die moederskoot berei nie?
16 As ek die geringes hulle welbehae ontsê het,+
En ek die oë van die weduwee laat ingee het,+
17 En ek my stukkie alleen geëet het,
Terwyl die vaderlose seun nie daarvan geëet het nie+
18 (Want van my jeug af het hy by my grootgeword soos by ’n vader,
En van die skoot van my moeder af het ek haar deurentyd gelei);
19 As ek iemand sien omkom het omdat hy geen kleed het nie,+
Of dat die arme geen bedekking het nie;
20 As sy lendene my nie geseën het nie,+
En hy hom nie met die wolskeersel+ van my jong ramme warm gemaak het nie;
21 As ek my hand heen en weer beweeg het teen die vaderlose seun,+
Wanneer ek gesien het dat my hulp in die poort nodig is,+
22 Laat my skouerblad dan van sy skouer afval,
En laat my arm van sy boarmbeen afgebreek word.
23 Want die ongeluk wat van God kom, was iets wat ek gevrees het,
En teen sy waardigheid+ kon ek nie standhou nie.
25 As ek bly was omdat ek baie eiendom gehad het,+
En omdat my hand baie dinge gevind het;+
26 As ek die lig gesien het wanneer dit begin straal,
Of die kosbare maan wat voortbeweeg,+
27 En my hart in die geheim verlok is+
En my hand my mond gesoen het,
28 Sou ook dit ’n oortreding vir die aandag van die regters wees,
Want ek sou die ware God daar bo verloën het.
29 As ek bly was oor die ondergang van iemand wat my intens haat,+
Of ek opgewonde was omdat kwaad hom getref het—
30 En ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig
Deur ’n vloek teen sy siel te vra nie.+
31 As die manne van my tent nie gesê het:
‘Wie kan iemand bring wat nie met sy voedsel versadig is nie?’+—
33 As ek soos ’n mens my oortredings bedek het+
Deur my ongeregtigheid in my hempsak weg te steek—
34 Omdat ek vir ’n groot menigte gesidder het,
Of die veragting van families my verskrik het
En ek stilgebly het, het ek nie by die ingang uitgegaan nie.
35 Ag, as ek maar iemand gehad het wat na my luister,+
As die Almagtige my maar volgens my handtekening wou antwoord!+
Of as die persoon in die regsaak met my maar ’n dokument geskryf het!
36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra;
Ek sou dit om my bind soos ’n luisterryke kroon.