Job
33 “Maar nou, o Job, hoor asseblief my woorde,
En luister tog na alles wat ek sê.
5 Antwoord my as u kan,
Voer woorde voor my aan; neem tog u plek in.
8 Maar u het voor my ore gesê,
En die geluid van u woorde het ek bly hoor:
9 ‘Ek is suiwer, sonder oortreding;+
Rein is ek, en ek het geen ongeregtigheid nie.+
14 Want God praat een keer,
En twee keer+—hoewel ’n mens nie daarop ag slaan nie—
15 In ’n droom,+ ’n nagvisioen,+
Wanneer ’n diep slaap op die mense val,
Gedurende sluimeringe op die bed.+
16 Dán open hy die oor van die mense,+
En op die vermaning aan hulle druk hy sy seël,
17 Om ’n mens van sy daad af te keer,+
En om trots+ vir ’n man te verberg.
19 En hy word met pyn op sy bed tereggewys,
En daar is ’n aanhoudende stryd in sy gebeente.
21 Sy vlees teer weg en verdwyn uit die gesig,
En sy gebeente, wat nie sigbaar was nie, word beslis ontbloot.
23 As daar vir hom ’n boodskapper is,
’n Woordvoerder, een uit duisend,
Om aan die mens sy regskapenheid bekend te maak,
24 Dan betoon hy guns aan hom en sê:
‘Laat hom nie in die kuil afdaal nie!+
Ek het ’n losprys gevind!+
26 Hy sal God dringend versoek dat hy behae in hom mag hê,+
En hy sal sy aangesig met gejuig sien,
En Hy sal Sy regverdigheid aan die sterflike mens teruggee.
27 Hy sal vir die mense sing en sê:
‘Ek het gesondig;+ en wat reg is, het ek verdraai,
En dit was beslis nie die regte ding vir my nie.
29 Kyk! Dit alles doen God,
Twee keer, drie keer, in die geval van ’n man,
30 Om sy siel weg te keer van die kuil af,+
Sodat hy verlig kan word met die lig van die lewendes.+
31 Skenk aandag, o Job! Luister na my!
Swyg, en ek sal verder praat.
32 As daar enige woorde is om te sê, antwoord my;
Praat, want ek het behae geskep in u regverdigheid.