Lukas
19 En hy het in Jeʹrigo+ ingegaan en was op pad daardeur. 2 En daar was ’n man met die naam Saggeʹus; en hy was ’n hoofbelastinggaarder, en hy was ryk. 3 Wel, hy het probeer sien+ wie hierdie Jesus is, maar weens die skare kon hy nie, want hy was klein van gestalte. 4 Toe het hy vooruit gehardloop na ’n plek verder aan en in ’n wildevyeboom geklim om hom te sien, want hy sou weldra daarlangs verbygaan. 5 En toe Jesus by die plek kom, het hy opgekyk en vir hom gesê: “Saggeʹus, maak gou en klim af, want ek moet vandag in jou huis bly.” 6 Daarop het hy gou gemaak en afgeklim en hom met blydskap as gas ontvang. 7 Maar toe hulle dit sien, het hulle almal begin brom+ en gesê: “By ’n man wat ’n sondaar is, het hy ingegaan vir verblyf.” 8 Maar Saggeʹus het opgestaan en vir die Here gesê: “Kyk! Die helfte van my besittings, Here, gee ek vir die armes, en wat ek ook al deur valse beskuldiging van iemand afgepers het,+ gee ek viervoudig terug.”+ 9 Hierop het Jesus vir hom gesê: “Vandag het daar redding na hierdie huis gekom, omdat ook hy ’n seun van Abraham is.+ 10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”+
11 Terwyl hulle na hierdie dinge geluister het, het hy daarby ’n illustrasie vertel, want hy was naby Jerusalem en hulle het gedink dat die koninkryk van God hom oombliklik gaan vertoon.+ 12 Daarom het hy gesê: “’n Sekere man van adellike geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself koninklike mag te verkry en terug te keer.+ 13 Hy het tien van sy slawe geroep, hulle tien minas gegee en vir hulle gesê: ‘Dryf handel totdat ek kom.’+ 14 Maar sy burgers het hom gehaat+ en ’n groep ambassadeurs agter hom aan gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet word nie.’+
15 “Toe hy uiteindelik terugkom nadat hy die koninklike mag verkry het, het hy beveel dat hierdie slawe aan wie hy die silwergeld gegee het, na hom toe geroep moet word, om vas te stel wat hulle deur handeldrywery verkry het.+ 16 Toe het die eerste vorentoe gekom en gesê: ‘Heer, u mina het tien minas opgelewer.’+ 17 En hy het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie slaaf! Omdat jy in ’n baie klein saak getrou was, moet jy gesag voer oor tien stede.’+ 18 En die tweede het gekom en gesê: ‘U mina, Heer, het vyf minas opgelewer.’+ 19 Hy het ook vir hierdie een gesê: ‘En jy moet beheer uitoefen oor vyf stede.’+ 20 Maar ’n ander een het gekom en gesê: ‘Heer, hier is u mina, wat ek in ’n doek weggebêre het. 21 U sien, ek het u gevrees, omdat u ’n harde man is; u eis op wat u nie gedeponeer het nie en u oes wat u nie gesaai het nie.’+ 22 Hy het vir hom gesê: ‘Uit jou eie mond oordeel ek jou,+ goddelose slaaf. Jy het dus tog geweet dat ek ’n harde man is wat opeis wat ek nie gedeponeer het nie en oes wat ek nie gesaai het nie?+ 23 Waarom het jy dan nie my silwergeld in ’n bank gesit nie? Dan sou ek dit by my aankoms met rente ingevorder het.’+
24 “Daarop het hy vir dié wat daar gestaan het, gesê: ‘Neem die mina van hom af weg en gee dit vir hom wat die tien minas het.’+ 25 Maar hulle het vir hom gesê: ‘Heer, hy het tien minas!’— 26 ‘Ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word; maar van die een wat nie het nie, sal selfs wat hy het, weggeneem word.+ 27 En hierdie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle moet word nie, BRING hulle hier en maak hulle voor my dood.’”+
28 Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy voor hulle uit gegaan, op na Jerusalem.+ 29 En toe hy naby Betfaʹge en Betaʹnië kom, aan die berg wat die Olyfberg genoem word,+ het hy twee van die dissipels uitgestuur+ 30 en gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en nadat julle ingegaan het, sal julle ’n hingsvul daarin vind wat vasgemaak is, waarop geen mens nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hierheen.+ 31 Maar as iemand julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle só sê: ‘Die Here het hom nodig.’”+ 32 Toe het dié wat uitgestuur is, weggegaan en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het.+ 33 Maar terwyl hulle die hingsvul losgemaak het, het sy eienaars vir hulle gesê: “Waarom maak julle die hingsvul los?”+ 34 Hulle het gesê: “Die Here het hom nodig.”+ 35 En hulle het hom na Jesus toe gelei, en hulle het hulle boklere oor die hingsvul gegooi en Jesus daarop laat sit.+
36 Terwyl hy voortbeweeg het,+ het hulle hulle boklere op die pad bly uitsprei.+ 37 Net toe hy naby die pad kom wat teen die Olyfberg afloop, het die hele menigte dissipels begin om hulle te verbly en God met ’n harde stem te loof oor al die kragtige werke wat hulle gesien het+ 38 en gesê: “Geseënd is Hy wat in Jehovah se naam as die Koning kom!+ Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste plekke!”+ 39 Party van die Fariseërs uit die skare het egter vir hom gesê: “Leermeester, bestraf u dissipels.”+ 40 Maar hy het geantwoord en gesê: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe+ uitroep.”
41 En toe hy naby kom, het hy die stad aanskou en daaroor gehuil+ 42 en gesê: “As jy, ja jy, tog maar in hierdie dag die dinge onderskei+ het wat met vrede te doen het—maar nou is hulle vir jou oë verberg.+ 43 Want die dae sal oor jou kom wanneer jou vyande ’n verskansing+ met spits pale+ rondom jou sal bou en jou sal omsingel+ en jou van alle kante in benoudheid+ sal bring, 44 en hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter,+ en hulle sal in jou nie ’n klip op ’n klip laat nie,+ omdat jy nie die tyd waarin jy geïnspekteer is,+ onderskei het nie.”
45 En hy het in die tempel ingegaan en dié wat daar aan die verkoop was, begin uitdryf+ 46 en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘En my huis sal ’n huis van gebed wees’,+ maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.”+
47 En hy het elke dag in die tempel geleer. Maar die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk was daarop uit om hom dood te maak;+ 48 en tog het hulle nie iets doeltreffends gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het hom bly aanhang om na hom te luister.+