’n Lied van die opgange.
125 Dié wat op Jehovah vertrou,+
is soos die berg Sion, wat onbeweeglik is
en vir ewig bly bestaan.+
2 Net soos berge Jerusalem omring,+
so omring Jehovah sy volk,+
van nou af en tot in alle ewigheid.
3 Die septer van goddeloosheid sal nie bly regeer oor die gebied wat aan die regverdiges toegewys is nie,+
sodat die regverdiges nie begin doen wat verkeerd is nie.+
4 Wees goed, o Jehovah, vir die goeies,+
vir dié wat opreg van hart is.+
5 Wat dié betref wat ’n verkeerde weg inslaan,
Jehovah sal hulle saam met die oortreders verwyder.+
Mag daar vrede oor Israel wees.