2 Samuel 22:25 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 25 En laat Jehovah my vergeld volgens my regverdigheid,+Volgens my reinheid voor sy oë.+ Psalm 15:2 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 2 Hy wat onberispelik wandel+ en regverdigheid beoefen+En in sy hart die waarheid spreek.+ Spreuke 2:9 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 9 Dan sal jy regverdigheid en reg en regskapenheid verstaan, die hele weg van wat goed is.+ Spreuke 21:3 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 3 Om regverdigheid en reg te beoefen, is vir Jehovah verkiesliker as offerandes.+