Spreuke
2 My seun, as jy my woorde aanneem+ en my gebooie as ’n skat by jou bewaar,+ 2 sodat jy met jou oor aandag kan skenk aan wysheid,+ sodat jy jou hart kan neig tot onderskeidingsvermoë;+ 3 as jy bowendien na begrip roep+ en na onderskeidingsvermoë jou stem verhef,+ 4 as jy daarna bly soek soos na silwer+ en dit bly naspeur soos verborge skatte,+ 5 dan sal jy die vrees+ van Jehovah verstaan, en jy sal die kennis van God vind.+ 6 Want Jehovah gee wysheid;+ uit sy mond kom kennis en onderskeidingsvermoë.+ 7 En vir die regskapenes sal hy praktiese wysheid+ as ’n skat bewaar; vir dié wat in onkreukbaarheid wandel, is hy ’n skild+ 8 deur die paaie van die reg te bewaar,+ en hy sal die weg van sy lojales bewaak.+ 9 Dan sal jy regverdigheid en reg en regskapenheid verstaan, die hele weg van wat goed is.+
10 Wanneer wysheid in jou hart kom+ en kennis vir jou siel aangenaam word,+ 11 sal denkvermoë oor jou wag hou,+ sal onderskeidingsvermoë jou beveilig,+ 12 om jou te verlos van die slegte weg,+ van die mens wat verdorwe dinge spreek,+ 13 van dié wat die paaie van regskapenheid verlaat om in die weë van duisternis te wandel,+ 14 van dié wat hulle daarin verbly om kwaad te doen,+ wat bly is oor die verdorwe dinge van slegtheid;+ 15 dié wie se paaie krom is en wat in al hulle weë slinks is;+ 16 om jou te verlos van die vreemde vrou,+ van die uitlandse vrou wat haar woorde vleiend gemaak het,+ 17 wat die vertroude vriend van haar jeug+ verlaat en wat die verbond van haar God vergeet het.+ 18 Want haar huis sink weg na die dood en haar spore na dié wat magteloos is in die dood.+ 19 Nie een van dié wat met haar gemeenskap het, sal terugkom nie, en ook sal hulle nie weer die paaie van die lewendes bereik nie.+
20 Die doel is dat jy in die weg van die goeies kan wandel+ en die paaie van die regverdiges kan hou.+ 21 Want die regskapenes sal op die aarde woon,+ en die onberispelikes sal daarop oorbly.+ 22 Wat die goddeloses betref, hulle sal van die aarde af uitgeroei word;+ en die verraderlikes sal daarvan weggeruk word.+