23 En hy het die bevel aan Josua, die seun van Nun, oorgedra+ en gesê: “Wees moedig en sterk,+ want jy—jy sal die kinders van Israel in die land bring wat ek aan hulle met ’n eed beloof het,+ en ek sal voortdurend met jou wees.”
5 Niemand sal al die dae van jou lewe voor jou standhou nie.+ Net soos ek met Moses was, sal ek met jou wees.+ Ek sal jou nie in die steek laat of jou heeltemal verlaat nie.+
10 Moenie bang wees nie, want ek is met jou.+ Moenie rondkyk nie, want ek is jou God.+ Ek sal jou versterk.+ Ek sal jou werklik help.+ Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand+ van regverdigheid.’+