32 Jou seuns en jou dogters sal aan ’n ander volk gegee word,+ en jou oë sal dit sien en altyd vurig na hulle verlang—maar jou hande sal kragteloos wees.+
14 En hy het die hele Jerusalem en al die vorste+ en al die dapper, sterk+ manne in ballingskap weggevoer+—tienduisend het hy in ballingskap weggevoer—en ook elke vakman+ en bouer van verskansings. Niemand is agtergelaat nie, behalwe die geringe klas+ van die volk van die land.
15 En Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, het party van die geringes van die volk en die res van die volk wat in die stad oorgebly het+ en die oorlopers wat na die koning van Babilon oorgeloop het en die res van die meesterwerkers, in ballingskap weggevoer.+
30 In die drie-en-twintigste jaar van Nebukadreʹsar het Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, Jode in ballingskap weggevoer: sewehonderd-vyf-en-veertig siele.+