13 Daar was oortreding en ’n verloëning van Jehovah;+ en daar was ’n terugwyking van ons God, woorde van verdrukking en opstand,+ die uitdink en gemompel van leuenagtige woorde uit die hart.+
13 “Want van die geringste onder hulle tot selfs die grootste onder hulle maak almal onregverdige wins;+ en van die profeet tot selfs die priester tree almal bedrieglik op.+
2 Die lojale het van die aarde af vergaan, en onder die mensdom is daar geen regskapene nie.+ Hulle lê almal op die loer na bloedvergieting.+ Hulle maak elkeen met ’n sleepnet jag op sy eie broer.+