27 “‘En die koninkryk en die heerskappy en die grootsheid van die koninkryke onder die ganse hemel is gegee aan die volk wat die heiliges van die Opperwese is.+ Hulle koninkryk is ’n koninkryk van onbepaalde duur,+ en al die heerskappye sal hulle dien en gehoorsaam.’+
28 Laat ons derhalwe, aangesien ons ’n koninkryk gaan ontvang wat nie geskud kan word nie,+ voortgaan om onverdiende goedhartigheid te geniet, waardeur ons op aanneemlike wyse heilige diens aan God kan verrig met godvrugtige vrees en ontsag.+
5 Luister, my geliefde broers. God het diegene wat arm is+ ten opsigte van die wêreld, uitgekies om ryk+ in geloof en erfgename van die koninkryk te wees wat hy beloof het aan dié wat hom liefhet,+ nie waar nie?