-
Eksodus 26:1-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 “Jy moet die tabernakel+ maak met tien tentdoeke van fyn gedraaide linnedraad, blou garing, pers wol en helderrooi materiaal. Jy moet gerubs+ daarop borduur.+ 2 Elke tentdoek moet 28 el* lank en 4 el breed wees. Al die tentdoeke moet ewe groot wees.+ 3 Vyf tentdoeke moet aanmekaargeheg word om ’n reeks te vorm, en die ander vyf tentdoeke moet aanmekaargeheg word om ’n reeks te vorm. 4 Jy moet lissies van blou garing aan die rand van die een tentdoek aan die einde van die reeks maak, en jy moet dieselfde doen aan die einde van die ander reeks tentdoeke waar die twee reekse tentdoeke aan mekaar vasgehaak sal word. 5 Jy moet 50 lissies aan die een tentdoek maak, en 50 lissies aan die rand van die ander tentdoek, sodat hulle teenoor mekaar sal wees waar hulle aan mekaar vasgehaak word. 6 Jy moet 50 goue hakies maak en die twee reekse tentdoeke met die hakies aan mekaar vashaak, sodat die tabernakel ’n eenheid vorm.+
-