Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 3:19, 20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 Maar ek weet goed dat die koning van Egipte julle nie toestemming sal gee om te gaan nie, tensy hy deur ’n magtige hand gedwing word.+ 20 Ek sal dus my hand moet uitstrek en Egipte moet tref met al my buitengewone dade wat ek daarin sal doen, en daarna sal hy julle uitstuur.+

  • Eksodus 6:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Nou sal jy sien wat ek aan Farao sal doen.+ ’n Magtige hand sal hom dwing om hulle weg te stuur, en ’n magtige hand sal hom dwing om hulle uit sy land uit te dryf.”+

  • Eksodus 10:8-11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Moses en Aäron is toe na Farao teruggebring, en hy het vir hulle gesê: “Gaan, dien Jehovah julle God. Maar wie is dit nou eintlik wat saamgaan?” 9 Toe het Moses gesê: “Ons sal gaan met ons jongmense, ons oumense, ons seuns, ons dogters, ons skape en ons beeste,+ want ons sal ’n fees vir Jehovah hou.”+ 10 Hy het vir hulle gesê: “As ek julle en julle kinders ooit wegstuur, is Jehovah werklik met julle!+ Dit is duidelik dat julle van plan is om iets slegs te doen. 11 Nee! Net die mans mag Jehovah gaan dien, want dit is wat julle gevra het.” Toe is hulle van Farao af weggejaag.

  • Psalm 105:38
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 38 Egipte was bly toe hulle vertrek het,

      want hulle het baie bang geword vir Israel.*+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel