-
Eksodus 24:17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Vir die Israeliete wat toegekyk het, het Jehovah se heerlikheid soos ’n verterende vuur op die bergtop gelyk.
-
-
Deuteronomium 4:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 “Toe het julle nader gekom en aan die voet van die berg gaan staan, en die berg het gebrand met vuur wat tot in die hemel opgegaan het. Daar was duisternis en digte, donker wolke.+ 12 En Jehovah het uit die vuur met julle begin praat.+ Julle het die geluid van woorde gehoor, maar julle het niemand gesien nie+ – daar was net ’n stem.+
-
-
2 Kronieke 7:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Nadat Salomo gebid het,+ het vuur uit die hemel gekom+ en die brandoffer en die offerandes verteer, en Jehovah se heerlikheid het die huis gevul.+ 2 Die priesters kon nie in die huis van Jehovah ingaan nie omdat Jehovah se heerlikheid die huis van Jehovah gevul het.+ 3 En al die Israeliete het gesien hoe die vuur uit die hemel kom, en hulle het die heerlikheid van Jehovah bo die huis gesien. Hulle het op die vloer gekniel en neergebuig en Jehovah gedank, “want hy is goed. Sy lojale liefde duur vir ewig.”
-