-
Levitikus 25:35, 36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 “‘As jou broer wat naby jou woon, arm word en homself nie kan onderhou nie, moet jy hom help,+ net soos jy ’n uitlander en ’n tydelike inwoner sou help,+ sodat hy by jou aan die lewe kan bly. 36 Moenie rente van hom eis of wins uit hom maak nie.+ Jy moet jou God vrees,+ en jou broer sal by jou aan die lewe bly.
-
-
Lukas 6:34, 35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
34 En as julle leen* aan die mense van wie julle terugbetaling verwag, verdien julle om daarvoor geprys te word?+ Selfs sondaars leen aan sondaars sodat hulle net soveel kan terugkry. 35 Hou egter aan om julle vyande lief te hê en om goed te doen en om uit te leen sonder om te hoop om iets terug te kry,+ en julle beloning sal groot wees, en julle sal kinders van die Allerhoogste wees, want hy is goed vir die ondankbares en goddeloses.+
-