-
Deuteronomium 18:10-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Die volgende mag nooit onder julle gevind word nie: enigiemand wat sy seun of sy dogter as ’n offerande in die vuur verbrand,*+ enigiemand wat van waarsêery gebruik maak,+ enigiemand wat toorkuns beoefen,+ enigiemand wat na tekens* soek,+ ’n towenaar,+ 11 enigiemand wat ’n towerspreuk oor ander uitspreek, enigiemand wat hulp gaan soek by ’n persoon wat geeste oproep*+ of by ’n fortuinverteller+ of enigiemand wat die dooies raadpleeg.+ 12 Want enigiemand wat hierdie dinge doen, is afskuwelik vir Jehovah, en weens hierdie afskuwelike gebruike verdryf Jehovah julle God hulle voor julle uit.
-