Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 12:31
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 Julle mag Jehovah julle God nie so aanbid nie, want hulle doen vir hulle gode elke afskuwelike ding wat Jehovah haat. Hulle verbrand selfs hulle seuns en hulle dogters met vuur vir hulle gode.+

  • 2 Konings 16:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Agas,+ die seun van koning Jotam van Juda, het in die 17de jaar van Peka, die seun van Remaʹlia, koning geword.

  • 2 Konings 16:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Hy het eerder die weg van die konings van Israel gevolg,+ en hy het selfs sy eie seun as ’n offerande in die vuur verbrand*+ omdat hy die afskuwelike gebruike gevolg het van die nasies+ wat Jehovah voor die Israeliete uit verdryf het.

  • 2 Kronieke 28:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 28 Agas+ was 20 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat reg is in Jehovah se oë soos sy voorvader Dawid nie.+

  • 2 Kronieke 28:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 En hy het offerrook in die Vallei van die Seun van Hinnom* laat opgaan en sy seuns in die vuur verbrand+ omdat hy die afskuwelike gebruike gevolg het van die nasies+ wat Jehovah voor die Israeliete uit verdryf het.

  • Psalm 106:35-37
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 35 Maar hulle het met die nasies gemeng+

      en hulle weë aangeleer.+

      36 Hulle het hulle afgode bly dien,+

      en dit het vir hulle ’n strik geword.+

      37 Hulle het hulle seuns

      en hulle dogters aan demone geoffer.+

  • Jeremia 32:35
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 35 Verder het hulle die offerhoogtes van Baäl in die Vallei van die Seun van Hinnom*+ gebou om hulle seuns en hulle dogters vir Molog+ as offerandes in die vuur te verbrand,* iets wat ek hulle nie beveel het nie.+ Dit het nooit in my hart opgekom* om hulle so ’n afskuwelike ding te laat doen wat Juda sou laat sondig nie.’

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel