-
1 Samuel 28:7-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Uiteindelik het Saul vir sy knegte gesê: “Soek vir my ’n vrou wat geeste kan oproep,*+ en ek sal haar gaan raadpleeg.” Sy knegte het geantwoord: “In En-Dor+ is daar ’n vrou wat geeste kan oproep.”
8 Toe het Saul hom vermom en ander klere aangetrek en in die nag saam met twee van sy manne na die vrou toe gegaan. Hy het gesê: “Maak asseblief gebruik van waarsêery om iemand vir my op te roep.+ Ek sal vir jou sê wie.” 9 Maar die vrou het vir hom gesê: “Jy weet goed wat Saul gedoen het, hoe hy die mense wat geeste oproep* en die fortuinvertellers uit die land verwyder het.+ Hoekom probeer jy dan vir my ’n strik stel? Wil jy my laat doodmaak?”+ 10 Toe het Saul vir haar by Jehovah gesweer: “So waar as wat Jehovah lewe, jy sal nie hiervoor gestraf word nie!” 11 Die vrou het toe gevra: “Wie sal ek vir jou oproep?” Hy het geantwoord: “Roep Samuel vir my op.”
-