4 Wanneer jy ’n gelofte aan God maak, moet jy nie uitstel om dit na te kom nie,+ want hy hou nie van dwase mense nie.+ As jy ’n gelofte maak, moet jy dit nakom.+
6 Moenie toelaat dat jou mond jou* laat sondig nie,+ en moenie voor die engel* sê dat dit ’n fout was nie.+ Waarom moet jy die ware God kwaad maak oor wat jy sê sodat hy die werk van jou hande moet vernietig?+