35 Toe hy haar sien, het hy sy klere geskeur en gesê: “Ag nee, my dogter! Jy het my hart gebreek,* want nou het jy die een geword wat ek moet wegstuur. Ek het ’n gelofte aan Jehovah gemaak, en ek kan dit nie terugtrek nie.”+
24 Maar die manne van Israel was op daardie dag uitgeput, want Saul het die manne onder die volgende eed geplaas: “Vervloek is die man wat enige kos* eet voordat dit aand word en voordat ek op my vyande wraak neem!” Daarom het nie een van die manne enige kos geëet nie.+
33 “Julle het ook gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie sweer sonder om jou eed na te kom nie,+ maar jy moet jou geloftes aan Jehovah* betaal.’+