2 As ’n man ’n gelofte aan Jehovah maak+ of ’n eed sweer+ waardeur hy ’n gelofte van onthouding maak, mag hy sy woord nie verbreek nie.+ Hy moet alles doen wat hy belowe het.+
21 “As jy ’n gelofte aan Jehovah jou God maak,+ moet jy nie traag wees om dit na te kom nie.+ Want Jehovah jou God sal dit vir seker van jou eis. Anders sal dit ’n sonde vir jou word.+
4 Wanneer jy ’n gelofte aan God maak, moet jy nie uitstel om dit na te kom nie,+ want hy hou nie van dwase mense nie.+ As jy ’n gelofte maak, moet jy dit nakom.+