-
Matteus 10:41, 42Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
41 Enigiemand wat ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal ’n profeet se beloning kry,+ en enigiemand wat ’n regverdige man ontvang omdat hy ’n regverdige man is, sal ’n regverdige man se beloning kry. 42 En ek verseker julle dat enigiemand wat een van hierdie kleintjies net ’n beker koue water gee om te drink omdat hy ’n dissipel is, sy beloning beslis nie sal verloor nie.”+
-
-
Lukas 4:25, 26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 Ek vertel julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in Eliʹa se tyd, toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was en ’n groot hongersnood oor die hele land gekom het.+ 26 Tog is Eliʹa nie na een van daardie vrouens toe gestuur nie, maar net na ’n weduwee in Sarfat in die land Sidon.+
-