31 Asof dit nie erg genoeg was dat hy dieselfde sondes gepleeg het as Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, nie, het hy ook Iseʹbel,+ die dogter van Etʹbaäl, die koning van die Sidoniërs,+ as vrou geneem en Baäl begin dien+ en voor hom neergebuig.
4 en toe Iseʹbel+ Jehovah se profete doodgemaak het, het Obadʹja 100 profete geneem en hulle in grotte weggesteek, 50 in ’n grot, en hy het hulle van kos* en water voorsien.)
2 Iseʹbel het toe ’n boodskapper na Eliʹa gestuur en gesê: “Mag die gode my swaar straf* as ek jou nie môre teen hierdie tyd soos elkeen van hulle maak nie!”
25 Daar was nog nooit iemand wat so vasbeslote was om te doen wat sleg is in die oë van Jehovah soos Agab nie,+ en hy is aangehits deur sy vrou Iseʹbel.+