-
Eksodus 14:21, 22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Moses het toe sy hand oor die see uitgesteek,+ en Jehovah het die hele nag ’n sterk oostewind laat waai om die see terug te dryf, wat die seebodem in droë grond laat verander het.+ En die waters is in twee verdeel.+ 22 Die Israeliete het dus op droë grond deur die see getrek+ terwyl die waters soos ’n muur aan hulle regterkant en aan hulle linkerkant gestaan het.+
-
-
2 Konings 2:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Daarna het hy Eliʹa se ampskleed+ opgetel wat van hom afgeval het en teruggegaan en op die oewer van die Jordaanrivier gaan staan. 14 Toe het hy Eliʹa se ampskleed geneem wat van hom afgeval het en die water daarmee geslaan en gesê: “Waar is Jehovah, die God van Eliʹa?” Toe hy die water slaan, is dit na links en na regs verdeel, en Eliʹsa het deurgegaan.+
-