21 Toe het ek die sondige ding wat julle gemaak het, die kalf,+ geneem en dit met vuur verbrand. Ek het dit stukkend gebreek en dit deeglik gemaal totdat dit so fyn was soos stof, en ek het die stof in die stroom gegooi wat van die berg afvloei.+
29 Want ek weet goed dat julle ná my dood goddeloos sal optree+ en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het. En aan die einde van die dae sal rampspoed vir seker oor julle kom+ omdat julle sal doen wat sleg is in die oë van Jehovah en hom aanstoot sal gee met die werk van julle hande.”