Rigters
2 Toe het Jehovah se engel+ van Gilgal+ na Bogim gegaan en gesê: “Ek het julle uit Egipte uitgelei en julle na die land gebring wat ek aan julle voorvaders met ’n eed belowe het.+ Ek het ook gesê: ‘Ek sal nooit my verbond met julle verbreek nie.+ 2 En julle mag nie ’n verbond met die inwoners van hierdie land maak nie,+ en julle moet hulle altare afbreek.’+ Maar julle het nie na my stem geluister nie.+ Hoekom het julle dit gedoen? 3 Daarom het ek ook gesê: ‘Ek sal hulle nie voor julle verdryf nie,+ en hulle sal vir julle ’n strik word,+ en hulle gode sal julle van my af weglok.’”+
4 Toe Jehovah se engel hierdie woorde vir al die Israeliete gesê het, het die volk hard begin huil. 5 Daarom het hulle die plek Bogim* genoem, en daar het hulle offerandes aan Jehovah gebring.
6 Toe Josua die volk weggestuur het, het elkeen van die Israeliete na sy erfdeel gegaan om die land in besit te neem.+ 7 Die volk het Jehovah bly dien al die dae van Josua en al die dae van die ouermanne wat nog ná Josua se dood gelewe het en wat al Jehovah se groot dade gesien het wat hy vir Israel gedoen het.+ 8 Toe het Josua, die seun van Nun, die kneg van Jehovah, op die ouderdom van 110 gesterf.+ 9 Hulle het hom toe begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres,+ in die bergstreek van Eʹfraim, noord van die berg Gaäs.+ 10 Daardie hele geslag het gesterf,* en ná hulle was daar ’n ander geslag wat Jehovah nie geken het nie en wat nie geweet het van alles wat hy vir Israel gedoen het nie.
11 Die Israeliete het begin doen wat sleg is in Jehovah se oë en het die Baäls gedien.*+ 12 So het hulle Jehovah, die God van hulle vaders, wat hulle uit Egipte uitgelei het, verlaat.+ En hulle het ander gode gevolg, die gode van die volke om hulle,+ en hulle het voor hulle neergebuig en Jehovah aanstoot gegee.+ 13 Hulle het Jehovah verlaat en het Baäl en die Astoʹret-beelde gedien.+ 14 Toe het Jehovah so woedend geword vir Israel dat hy hulle in die hand gegee het van hulle vyande wat hulle geplunder het.+ Hy het hulle oorgelewer aan* hulle vyande rondom hulle,+ en hulle kon hulleself nie meer teen hulle vyande verdedig nie.+ 15 Waarheen hulle ook al gegaan het, was die hand van Jehovah teen hulle, en hy het rampspoed oor hulle gebring,+ net soos Jehovah gesê het en net soos Jehovah vir hulle gesweer het,+ en hulle het baie swaar gekry.+ 16 Toe het Jehovah rigters voorsien wat hulle uit die hand van hulle vyande gered het.+
17 Maar hulle het selfs geweier om na die rigters te luister, en hulle het ander gode aanbid* en voor hulle neergebuig. Hulle het gou weggedraai van die weg wat hulle voorvaders gevolg het, dié wat Jehovah se gebooie gehoorsaam het.+ Hulle het dit nie gehoorsaam nie. 18 Wanneer Jehovah ook al ’n rigter voorsien het,+ was Jehovah met daardie rigter. Solank die rigter gelewe het, het Jehovah hulle uit die hand van hulle vyande gered, want Hy het vir hulle jammer gevoel*+ wanneer hulle gekla het omdat hulle vyande hulle onderdruk+ en mishandel het.
19 Maar wanneer die rigter gesterf het, het hulle nog goddeloser opgetree as hulle vaders deur ander gode te volg, hulle te dien en voor hulle neer te buig.+ Hulle wou nie hulle gebruike laat staan en ophou met hulle hardkoppigheid nie. 20 Uiteindelik het Jehovah woedend geword vir Israel,+ en hy het gesê: “Hierdie nasie het my verbond verbreek+ wat ek hulle voorvaders beveel het, en hulle het nie na my stem geluister nie.+ 21 Daarom sal ek nie ’n enkele nasie wat ná Josua se dood oorgebly het, voor hulle verdryf nie.+ 22 Dit is om te toets of Israel Jehovah se weg sal volg,+ soos hulle vaders gedoen het.” 23 Jehovah het dus hierdie nasies laat oorbly. Hy het hulle nie gou verdryf nie, en hy het hulle nie in Josua se hand gegee nie.