Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Kronieke 6:31, 32
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 Dawid het hierdie manne aangestel om die sangers by die huis van Jehovah te lei nadat die Ark daarin gesit is.+ 32 Hulle was verantwoordelik vir die sang by die tabernakel, die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van Jehovah in Jerusalem gebou het.+ Hulle het hulle diens gedoen soos dit vir hulle voorgeskryf was.+

  • 1 Kronieke 15:16
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Dawid het toe vir die hoofde van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, aan te stel om met vreugde te sing, onder begeleiding van musiekinstrumente: harpe,+ ander snaarinstrumente en simbale.+

  • 1 Kronieke 16:37
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 37 Dawid het Asaf+ en sy broers toe by die ark van die verbond van Jehovah agtergelaat om gereeld voor die Ark te dien,+ volgens die daaglikse roetine.+

  • 1 Kronieke 16:42
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 42 Heman+ en Jeduʹtun het saam met hulle musiek gemaak met die trompette, simbale en die ander instrumente wat gebruik is om die ware God mee te prys.* En die seuns van Jeduʹtun+ was by die poort.

  • 1 Kronieke 25:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 25 Dawid en die hoofde van die groepe het party van die seuns van Asaf, Heman en Jeduʹtun+ gekies om te profeteer onder begeleiding van die harpe, die ander snaarinstrumente+ en die simbale.+ Hier volg die lys van die beamptes vir hierdie diens.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel