-
1 Konings 3:5-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 In Giʹbeon het Jehovah in die nag in ’n droom aan Salomo verskyn, en God het gevra: “Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?”+ 6 Toe het Salomo gesê: “U het groot lojale liefde aan u kneg Dawid, my pa, betoon omdat hy u met getrouheid, regverdigheid en ’n opregte hart gedien het. U betoon nog steeds hierdie groot lojale liefde aan hom deurdat u hom ’n seun gegee het om op sy troon te sit.+ 7 En nou, Jehovah my God, het u u kneg koning gemaak in die plek van my pa, Dawid, hoewel ek nog jonk* en onervare is.*+ 8 U kneg regeer oor u volk wat u uitgekies het,+ ’n volk wat so groot is dat hulle nie getel kan word nie. 9 Gee dus vir u kneg ’n gehoorsame hart om as regter vir u volk op te tree+ en om te onderskei tussen wat goed en wat sleg is,+ want wie kan as regter optree vir u groot* volk?”
-