-
2 Konings 25:13-15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Die Galdeërs het die koperpilare+ van die huis van Jehovah en die waentjies+ en die Kopersee+ wat in die huis van Jehovah was, in stukke gebreek, en hulle het die koper na Babilon weggedra.+ 14 Hulle het ook die kanne geneem, sowel as die grawe, die blussers, die bekers en al die voorwerpe van koper wat in die diens by die tempel gebruik is. 15 Die hoof van die wagte het die vuurbakke en die bakke wat van egte goud+ en silwer+ was, geneem.
-
-
Daniël 1:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
1 In die derde regeringsjaar van koning Jojaʹkim+ van Juda het koning Nebukadneʹsar van Babilon teen Jerusalem opgetrek en dit beleër.+ 2 En Jehovah het koning Jojaʹkim van Juda in sy hand gegee,+ sowel as party van die voorwerpe van die huis* van die ware God. Hy het dit na die land Siʹnear*+ gebring, na die tempel van sy god. En hy het die voorwerpe in die skatkamer van sy god gesit.+
-