-
Josua 24:12, 13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Ek het ’n gevoel van hopeloosheid* voor julle uit gestuur, en dit het hulle voor julle verdryf+ – twee konings van die Amoriete. Dit was nie deur middel van julle swaard en boog nie.+ 13 Ek het vir julle ’n land gegee waarvoor julle nie hard gewerk het nie en stede wat julle nie gebou het nie,+ en julle het daarin gaan woon. Julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie.’+
-
-
1 Konings 4:25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 Juda en Israel het in veiligheid gewoon, elkeen onder sy eie wingerdstok en onder sy eie vyeboom, van Dan tot Berseʹba, al die dae van Salomo.
-