-
Nehemia 9:17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Hulle het geweier om te luister+ en het nie gedink aan u buitengewone dade wat u onder hulle gedoen het nie. Hulle het egter hardkoppig geword* en ’n leier aangestel sodat hulle weer slawe in Egipte kon word.+ Maar u is ’n God wat vryelik vergewe,* wat medelye* en genade betoon, wat nie gou kwaad word nie en wat vol lojale liefde* is,+ en u het hulle nie verlaat nie.+
-
-
Jona 4:2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Toe het hy tot Jehovah gebid en gesê: “Ag, Jehovah, dit is presies waaroor ek bekommerd was toe ek in my eie land was. Dit is hoekom ek in die eerste plek na Tarsis+ probeer vlug het, want ek het geweet dat u ’n God is wat medelye* betoon en genadig is, wat nie gou kwaad word nie en vol lojale liefde+ is en wat sleg voel oor rampspoed.
-