5 So ook het die Christus nie homself die eer gegee+ deur ’n hoëpriester te word nie, maar hierdie eer is vir hom gegee deur die Een wat vir hom gesê het: “Jy is my seun. Vandag het ek jou vader geword.”+6 Êrens anders sê hy ook: “Jy is vir ewig ’n priester soos Melgiseʹdek.”+
19 Ons het hierdie hoop+ as ’n anker vir die siel.* Dit is seker en vas en lei ons verby die gordyn,*+20 waar ’n voorloper ter wille van ons ingegaan het, naamlik Jesus,+ wat vir ewig ’n hoëpriester soos Melgiseʹdek geword het.+
3 Hy is sonder pa of ma of geslagsregister, en niemand weet wanneer hy gebore is of gesterf het nie. Maar omdat hy soos die Seun van God gemaak is, bly hy vir altyd ’n priester.+
11 As volmaaktheid dan werklik deur die Levitiese priesterskap verkry kon word+ (want dit was ’n kenmerk van die Wet wat aan die volk gegee is), hoekom sou dit nog nodig wees dat ’n ander priester opstaan, ’n priester soos Melgiseʹdek+ en nie soos Aäron nie?